Seun (13) sterf ná val uit trein: ‘Ek sal nooit daaroor kom nie’

JC van Loggerenberg by sy vriend wat saam met hom op die trein geklim het. Foto: Verskaf

JC van Loggerenberg by sy vriend wat saam met hom op die trein geklim het. Foto: Verskaf

ʼn Gebroke ma van Krugersdorp aan die Wes-Rand oorweeg regstappe ná haar 13-jarige seun Woensdag dood is nadat hy uit ʼn bewegende trein geval het.

Annelize van Loggerenberg het Donderdag aan Maroela Media gesê haar seun, JC, het Dinsdagaand by ʼn vriend oorgeslaap en is Woensdagoggend saam met hom op die trein skool toe om sy rapport te gaan haal. JC was ʼn leerder aan die Roodepark-skool in Roodepoort.

“Hy was baie opgewonde om sy rapport te gaan haal, want hy het geslaag en is na die volgende vlak bevorder,” het Van Loggerenberg gesê. “Hy en [sy vriend] het by Luipaardsvlei-treinstasie op die trein geklim, maar is toe geskei deur die hordes mense wat hulle weg van mekaar gedruk het.”

By die volgende stasie het JC se vriend na hom gesoek en een van die ander passasiers het vir hom gesê JC het ʼn ent weg uit die trein geval. Die vriend het uit die trein gespring en langs die treinspoor teruggehardloop na waar JC tussen die twee treinspore gelê het. Volgens Van Loggerenberg was spoorwegbeamptes reeds op die toneel wat baie naby haar huis was. Die vriend het die beamptes na haar huis toe geneem.

“Toe ek by JC kom, het hy nog gelewe, maar was nie meer heeltemal wakker nie. Hy het gesê ‘mamma’, maar ek het vir hom gesê hy moet eerder sy kragte spaar, die ambulans is op pad. So ʼn paar minute voor die ambulans opgedaag het, is hy oorlede,” het ʼn emosionele Van Loggerenberg gesê.

“Ons wag vir die nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van sy dood te bevestig, maar hy het verskriklik seergekry. Ek weet nog steeds nie wat regtig gebeur het nie. Dalk het iemand hom uitgestamp of hy is deur die oorval skare by die trein uit gedruk. Ek weet nie.”

Sy het gesê sy was byna vier uur lank op die toneel terwyl die familie gewag het vir iemand om JC se liggaam te kom haal. In daardie tyd het daar talle treine verbygekom waarvan die deure oop was. “Amper elke liewe deur van die treine is oop. Hier en daar is ʼn deur toe. Ek dink dit is uiters nalatig. Natuurlik gaan so ʼn ongeluk gebeur as die deure nie toegemaak word nie. Ek gaan beslis stappe doen.”

Van Loggerenberg het gesê geen begrafnisreëlings is nog getref nie. “JC was so ʼn liefdevolle kind. Hy was altyd bereid om almal om hom te help. Ek sal nooit oor sy dood kom nie. Ek sal seker leer om daarmee saam te leef, maar ek sal nooit daaroor kom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Jane ·

TREINE SE DEURE MOET NIE OOPSTAAN NIE. Gaan leer tog asb in Europa. Daardie trein vertrek NIE as die deur eers effens oop is nie. Die trein staan stil totdat al die deure 100% toe is. Hoeveel mense moet nou nog sterf en uit treine gestamp word en uitval voordat TRANSPORT SA wakkerword? Persoonlik sou ek nooit my jong seun in daardie treine laat ry het nie, maar dis ‘n persoonlike keuse en simpatiseer ek met die ouers en naasbestaandes van die seun. Rus in Vrede boetman!

Simon ·

Moenie die fout by alleen TRANSPORT SA gaan soek nie.
Van die passasier is self aandag en moedswillig om met opset die deur oop te maak/hou as die treinongelukke in beweringe kom.
Ja iemand het veroorsaak dat hy uit die treinongelukke geval het, maar Soek eerder die oorsaak by die treinryers se kultuur van ongehoorsaamheid aan reels.

Elo Quinn ·

Ek ry elke dag trein. Julle het geen idee hoe moedswillig baie passasiers is nie. Deure word oopgeforseer met geweld terwyl treine beweeg. Wetstoepassers beskik eenvoudig nie oor die mannekrag om dit te beheer nie. Moenie altyd die slagoffers die skuld gee nie. Die publiek is die oortreder hier.

Hoe nou Elo? ·

‘n Lid van die publiek (naamlik die seun) was hier die slagoffer, dit is juis die owerheid/treindienste se skuld. AS ‘n trein nie vertrek met ‘n oop deur nie, kan niemand uitval nie .. as jy hom oopdwing, gaan staan die trein, verstaan jy nou die begrip? ‘n alarm gaan af as die deure oop is en die trein gaan staan botstil ..

Hannelie ·

My innige simpatie met jul groot verlies. Dis so hartseer, hy is nog so jonk. Neem stappe, dit gaan nogsteeds nie vergoed vir die verlies nie, maar dit kan dalk die metrotreine of watter trein ookal dit was forseer om met toe deure te ry. Alhoewel ek dink dit moet toe wees.

Linda ·

My hart bloei vir die mamma se pyn. Geen woorde kan haar troos nie. Jy is in my gebede.

DPJ ·

Ek bid dat God jou ryklik sal vertroos met dit afsterwe van jou seun. Kyk net na bo en weet dat God altyd by jou sal wees met Sy Heilige Gees.

AL ·

Dit is n groot tragedie, my innige simpatie in hierdie donker routyd vir julle.

So jammer ·

Ek is so jammer. My hart is baie seer vir Die Mamma en Pappa en famili!!! Dit moes nie gebeur het nie! Ek bid dat jul sal vrede kry!

Ilze ·

My hart gaan uit na die familie van JC. Ek het self n ma van n 9 jarige dogtertjie en kan myself nie indink deur watter pyn julle moet gaan nie.

Ilze ·

My hart gaan uit na die familie van JC. Ek is self n ma van n 9 jarige dogtertjie en kan myself nie indink deur watter pyn julle moet gaan nie.

Dereck Le Roux ·

Dit het die inding geword vir treindrywers om oorvol treine te bedryf met ook deure en pendelaars wat soos vinke by die deure uithang, waar is die wet wat se veiligheid kom eerste voor enige winsbejag of geldelike gewin, ek jou Prasa verantwoordelik hiervoor en die drywer moet ook maar sy aanspreeklikheid en verantwoordelikheid aanvaar, ons innige meegevoel met sy geliefdes, familie en vriende.

Elo Quinn ·

Jy val onskuldige treindrywers aan en openbaar klaaglike onkunde. Kry die feite voordat jy ‘n mening lug, asseblief.

Colleen ·

Ja ek stem saam Dereck. Die trein moet eenvoudig net nie ry as die deure nie toe is nie. Dit is die treindrywer se verantwoordelikheid om te sorg die deure is toe voordat hy ry. Bel die polisie en kom arresteer daardie barbare wat die deure met geweld oopdruk. Mense se veiligheid kom eerste. Punt. Die hele publieke transport is ‘n gemors in Suid Afrika, maar die regering doen niks daaromtrent nie.
Niemand se lewe daar beteken enige iets nie.

Manna ·

Ek dink nie jy besef hoe getramatiseer treindrywers is oor dinge wat hulle elke dag beleef op treine. Hulle word elke dag
gedreig deur passasiers

BS ·

Twyfel baie sterk dat hy uitgeval het. Seker met hulp van ander.

CJ ·

Presies. 1ste ding wat deur my gedagtes gegaan het. Kans is baie groot dat hy uit gestamp is.

Leeutjie ·

My gedagte ook!!! Om deesdae trein te ry (vernaamlik vir ‘n jong kind) is groot blootstelling in die tyd waarin ons leef!!

Bollie ·

My innige simpatie met sy familie. Mag die Here julle vertroos in hierdie moeilike tyd.

Elize ·

Wat soek ‘n kind van daardie ouderdom op ‘n trein, en dit nogal sonder volwasse toesig? Nie dat ‘n volwasse enige iets sou kon keer nie, want misdadigers is mos bang vir niemand meer.

Ek sal nie my kleinseun van 8 eens alleen op ‘n bus laat ry of in die straat laat loop nie, wat nog van treine ry.

Oorbeskermend ·

Elize ek stem 100% saam. Ongelukkig nie meer in vandag se lewe nie.

Paula ·

Elize en Oorbeskermend, dalk is dit omstandighede wat gemaak het dat hy met die trein moet ry. Nie almal sit in n posisie om in n voertuig te klim en te ry nie. Bid eerder vir hierdie gesin as om vrae te vra as jy nie die situasie ken nie.

TDW ·

@Elize
Jy is een van ons witmense se probleme altyd eerste op die oordeel pad, want ag tog, jy sou dinge soveel beter gedoen het!
Verander jou houding vinnig! Jy bring ons almal af!

Lourens ·

As jy die berig eerder ordentlik lees voor jy klippe gooi sal jy sien hy en sy maatjie het hul rapporte gaan haal, as hulle trein ry dan is die skool seker te ver om. te loop

Oorbeskermde Ouer ·

Nou Praat jy, wat soek ‘n 13 jarige op ‘n trien, in hierdie land, sonder toesig. Jamme oor jou verlies mevrou maar as ‘n ouer myself sou ek dit nie toegelaat het nie. Terloops, Drywer is nie verantwoordelik vir die deure nie, die kondukteurs is.

Thea Gerber ·

Seker omdat sy mamma en pappa nie ‘n lang Mercedes soos jy het nie. Waarom moet ons tog altyd so verskriklik eiegeregtig en veroordelend wees. Een van julle beterweters sê so waar as wragtig ‘Mevrou, dit is jou eie skuld” Hoe durf jy? Ek hoop en bid dat jy nie eendag ‘n kind so tragies verloor om dan deur iemand toegevoeg word dat dit jou eie skuld is. Sies, julle is harteloos. Ek hoop julle slaap vanaand die rustige slaap van die regverdiges.

Troos ·

Niks met geld te doen nie, as hy regtig wou kon hulle die rapport gepos of per epos gestuur het, ek stem saam met Elize, dit is gevaarlik vir ‘n kind op ‘n trein in SA. EN of jy nou ryk of arm is, dit bly gevaarlik. EN almal wat so opkom vir die ma, wat het toe nou uiteindelik gebeur? Is julle daar om haar te troos? Geen veroordeling nie, dit is common sense.

CQ ·

Stem saam met Elize. Ek wil nie eens my kind saam familie of huisvriende laat ry nie. Wat nog van ALLEEN op n trein klim!??
TDW… Dis okay as almal die teeindrywer en passasiers oordeel? Maar ons mag tog net nie die ma oordeel nie!?? Waar was die ma???

Elsa ·

Innige meegevoel vir die mamma. Dis ‘n verskriklike trauma wat mens deur gaan en ek gun dit vir niemand toe nie. Mevrou u is in my gebede al ken ken u nie.

Hilda ·

My innige simpatie Annelize. Ek dink aan julle. My neef Koos wat sy kleinseun verloor het, my hart gaan uit na jou toe ook. Ek glo n ma herstel nooit nie want my Moeder kan na 9jaar ook nie.

Oorbeskermend ·

Dan kan die mense of my kinders maar sê ek is te oorbeskermend maar ek kan nie ‘n 13jarige op ‘n trein sien nie? Dit is net te gevaarlik.

TDW ·

@oorbeskermend
Hou asb op oor almal oordeel en hê bietjie meegevoel met jou naaste! Jy is deel van die probleem in ons land!

CQ ·

@Oorbeskermend…. jy is nie alleen nie!!
Geen manier wat ek my kind alleen op n trein sou sit nie. As ons dan nie kan ry om die rapport te kry nie sal ek ander plan maak, maar N KIND ALLEEN OP N TREIN SIT in vandag se tyd met sl die misdaad…. REGTIG TDW???

TDW ·

@CQ
Ek ken jou tipe net te goed! Ek is moeg vir jou tipe! Hierdie ma het haar seun verloor, hy was op ‘n trein gewees, ja, maar wat was die redes hiervoor. Was sy ma bewus daarvan dat hy op ‘n trein gaan klim? Moes sy ma noodgedwonge van ander vervoermiddels gebruik maak? Haal eers die balk uit jou eie oog uit Mev! Geen mens kan 24 uur na jou kind se veiligheid kyk nie, dis onmoontlik! Ek glo elke ma doen die beste vir hul kinders wat hulle kan. En die samelewing het nie mense soos jy nodig wat dink hulle is alwetend en eksieperfeksie nie. Laat die wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Meegevoel en simpatie is nodiger tussen mekaar as wat jou mentaliteit is.

steve ·

En Ander berigte se JC hbet gehardloop na hul geroof is en die Laaitjie is uit die train gestoot…??? Is die article Waar of afgewaterde lib huis??

RK ·

Oorweeg stappe?! Nee nee nee!!! NEEM stappe. Ja dit gaan nie jul kosbare seun terug bring nie, maar as dit op enige manier sal help dat die manier hoe dinge gedoen word verander sodat dit nie weer in die toekoms kan gebeur nie, dan is dit ons plig!

Sterkte aan die famile :(

Lyn ·

Ek ry elke dag met die trein Kaap toe. Nuutste mode van hulle is om met hul derdeklas kaartjies eerste klas te ry. Dis nou as hulle kaartjies het. Hulle hou aspris die deure oop. Niemand kom om vir kaartjies nie. So kom jy elke dag laat by jou werk want jy moet wag vir ‘n trein wat nie oorvol is nie.

Rikku ·

Liefse Mamma
Ek is so verskriklik jammer wat met jou JC gebeur het. Mag die Liewe Heer jou naby Sy hart hou.
Ek bid vir jou .

Willie ·

Ag Liewe Here, wees saam met hierdie mamma en vertroos haar. Dit is verskriklik hartseer en ek kan my nie jou pyn voorstel nie.

Alida ·

Ons kan mos nie oorsese treine en passasiers met SA vergelyk nie. Ander lande is 1ste wereld lande waar wet en orde gehandhaaf word. Wat verwag julle in ‘n 3de wereld kultuur met hopeloos te veel mense en te min openbare vervoer en treine.

Francis ·

1981 het n trein met my seun van 3 jaar weggery .hy het in die deur gesit terwyl ek sy boetie met die waentjie uitgetel het .toe ek omdraai was die trein oppad .ek moes spring om my seun in die trein in te stamp .hy het omtrent n erf se lente met ons gery.toe hy stop was my bene soos jellie .toe ek n polisiebeamte vra of hy gesien het wat gebeur het vra hy so ewe het jy die trein se no gevat .Vooraan die trein !is trein deure nie veronderstel om otomaties te sluit nie ????

JBL ·

Hy lyk na so n gelukkige seun. Dit is hartverskeurend dat sy lewe so tragies moes eindig.

SANNIE ·

julle weet nie wat is daardie mammie se toestand nie. Hulle kry dalk so swaar dat hulle nie n voertuig het nie en die enigste vervoer is trein wat goedkoopste is. Ek voel so jammer vir daardie gesin rus sag engelkie. Jy sal nou in die Hemel jou skool begin saam al die engele

Johan ·

Ek wil net sê jy val nie net uit n trein nie…..jy word gestoot……..vandag in ons huidige suid afrika…..jou 13 jarige kind op n trein…regtig…soos .vir om vir jou kind te sê ry fiets skool toe en vat kortpad deur die plakkerskamp…..

Arno ·

Die plaaslike koerant het eers gesê die twee seuns is beroof – en die een kind uitgestamp en die ander een het weggekom????

Wat is die ware feite????

My innige simpatie aan die familie. Woorde kan nie beskryf hoe geskok en hartseer mens voel nie.

Antiek ·

Antiek : Waar is die 7O en 80-jare? Opgeleide treindrywers, kondukteurs, “guards” en les bes die wonderlike S.A. Spoorwegpolisie wat geen nonsense geduld het nie? Die hele infrastruktuur blink en georganiseerd. Ons het tot op Parkstasie gery en al ons inkopies in die geskiedkundige Eloff-, Commissioner en Markstraat gedoen en weer veilig terug gereis na die Wesrand – dit alles teen ‘n baie billike bedrag! Niemand het skelm saamgery nie.

Kultuurinferior ·

Wat n laevlak samelewing, kultuur wat eerder geld vir korrupte luukshede gebruik in plaas van infrastruktuur waarvoor dit bestem was, wie lewe nie respekteer nie.

Andrea ·

Hierdie arme kind is sekerlik uitgestamp. Dit sal my nie verbaas nie. Is dit nie tragies dat hy nie van die vervoer wat met sy voorouers se belastinggeld opgerig is, in veiligheid kon gebruik nie. Verwoeste land waar ons kinders ly. Sterkte aan die ouers in hierdie moeilike tyd.

Tersia ·

Ouers se harte wat stukkend is vanaand en instede van bemoediging is daar soveel veroordeling. Nie moeilik om net die mense sterkte toe te wens nie.

MCS ·

Dis omdat die land Suid Afrika aan genade oorgelaat is! Stelsels wat jare terug n groot sukses was is nou n gemors! Geen persoon is veilig , dit maak nie saak waar jy jou bevind nie en ook nie van watter vervoer metode jy gebruik maak. Kriminele en die dat daar geen wette nagekom word in die land is n groot probleem ,die wat die wet moet toepas is net so nikswerd! Dinge sal drasties moet verander, hierdie is geen lewe vir enige mens op aarde. Ons almal is bewus van wat om ons aangaan , hoe sit jy jou kind op n trein en verwag hy gaan lewend tussen die wolwe huistoe kom!

CQ ·

NEE!! Kinders word aan die genade van hul ouers oorgelaat!! Dit is my werk as ouer om DIE BESTE IN MY VERMOEË te doen om my kind veilig te hou….
Ja huisinbraak of karongeluk of situasie waar jy GEEN inspraak het nie…. Maar jou kind los om alleen te sien kom klaar????

TDW ·

@ CQ
Jou mentaliteit is ons mense se grootste probleem. Jy sal altyd die eerste klip gooi.

ina Smith ·

Innige simpatie .. mens kan net wonder hoekom ouers /volwassenes soms so nalatig is.. Dit kon verhoed gewees het want kinders is kinders en wat ookal op die trein gebeur het en of die deure oop is / was en of hy geval of gestamp is of nie almal weet dis gevaarlik op treine . Bitter jammer dat 2 jong seuns se lewens so drasties moes verander .. Spyt kom te laat maar soms isons ‘n ‘ volunteer en nie ‘n victim nie … Sterkte ook aan die seun se vriend /e wat so voor kersfees in rou gedompel is ,, Sterkte .. tyd genees …

Tanya ·

My hart is regtig seer vir die mamma. Ek het self al ‘n 4 jarige blonde, prinsessie aan die dood afgestaan en wens dit vir niemand toe nie. Ek wonder nou maar net, in ons dae van vandag, hoe kan ‘n ouer nog jou jong kind op ‘n trein laat ry? Dit is ongelooflik gevaarlik. Sterkte aan die familie en rus in vrede seun.

ILUZMORE ·

JA EK KAN NET VIR HIERDIE MAMMA Sê: HOE HARD DIT OOK AL KLINK, JY KOM NOOIT OOIT DAAROOR NIE. MY DOGTERTJIE VAN 4 IS IN N TREF EN TRAP DOOD EN DIS AL 17 JAAR EN NOG ELKE DAG HUIL EK DAAROOR. MY KIND SE LAASTE WOORD OPPAD HOSPITAAL TOE, WAS OOK : “MAMMA”. EK SAL DIT NOOIT OOIT VERGEET NIE…. EK WEET NIE HOE EK VANDAG HIER IS OM DIT TE KAN Sê NIE…. NET GEBEDE EN GOD SE KRAG. BAIE BAIE STERKTE EN EK BID NET DAT GOD JULLE MOET HELP…..

chris ·

Die van julle wat sulke negatiewe opinies lewer en die arme mamma die skuldige wil maak, ek bid dat julle nie ook eendag deur so ‘n tragiese omstandighede getref word nie. Wie is julle om te oordeel !!! Sterkte aan die ouers en hulle familie..

TDW ·

Ek huil vir ons mense. Ons mense wat so koud geword het teenoor ander. Mag jy nooit geoordeel word met die maat waarmee jy oordeel nie. My hart is stukkend. Hierdie seun is uit die lewe nog voor hy ‘n lewe kon hê, die ma het haar seun verloor. ‘n hele gesin se lewens is onherroeplik verander. En sekeres verplaas die blaam. Wie moet geblameer word? Ons het ‘n reg om veilige publieke vervoermiddels te hê, treine se deure moet toe wees, mense is nie veronderstel om mekaar so te druk vir plek nie. Toesig moet gehou word oor die kapasiteit van elke trein. Dis ons reg as verbruiker.
Kom ons bou eerder op as om mekaar af te breek.
Gedurig skryf ons van hoe die swart mense net kan afbreek.
Maar hoe goed het witmense nie net geword om af te breek nie? Ons breek mekaar af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.