Seun (13) voer glo babahondjie vir veghonde

Angel. Foto: LEAPS/Facebook

Angel. Foto: LEAPS/Facebook

Diereliefhebbers is met afgryse vervul nadat ʼn 13-jarige seun in Vredenburg in die Wes-Kaap glo ʼn babahondjie vir twee veghonde gevoer het.

Michell Macun van die dierewelsynsorganisasie LEAPS, sê die seun het Maandagmiddag na bewering sy bure se babahondjie gesteel. Die seun bly in ʼn informele nedersetting buite Vredenburg.

Hy het toe glo die tefie genaamd Angel en wat net ʼn paar weke oud is, deur ʼn heining verder af in die straat aan twee Amerikaanse veghonde gevoer.

Die eienaar van die veghonde het ʼn getjank en gegrom gehoor en na buite gehardloop waar sy haar twee honde van die babahondjie af weggeruk het. Haar een beentjie was toe glo reeds uitgeskeur.

Die eienaar het onmiddellik vir Dot Skelly, een van LEAPS se vrywilligers, oor die voorval in kennis gestel.

Angel is na die Wesland-dierekliniek in Vredenburg geneem vir behandeling. “Ons kon daarin slaag om die bloeding te stop en Angel het die eerste aand oorleef,” het Macun gesê.

“Sy moes die volgende dag weer ʼn operasie ondergaan om ekstra weefsel te verwyder. Sy is egter Woensdagaand kort na middernag dood. Ons vermoed haar lyf kon nie die skok hanteer nie.”

Bronwyn Coetzee, ʼn vrywilliger, het na Angel omgesien tydens haar herstelproses.

LEAPS het intussen ʼn saak van dieremishandeling by die Vredenburg-polisiestasie aanhangig gemaak.

Kapt. Christo de Wet, waarnemende woordvoerder van dié stasie, het bevestig hulle ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bianca ·

Die “seun” moet gestuur word vir psigiese ondersoeke. As hy iets so onmenslik aan ‘n onskuldige baba dier kan doen, wat gaan hy nie eendag aan sy medemens doen nie. Daar is beslis psigies iets fout!

Jakes ·

Dit is hoogtyd dat daar met erns opgetree word teen diegene wat hulself skuldig maak aan hierdie immorele/versteurde tipe gedrag. Nes die hondevegters wat sit en gryns in die hof en wegloop met ‘n rapsie oor die vingers. Straf hulle SWAAR!! Dis die enigste manier dat hierdie gebroedsels afgeskrik gaan word. En terloops, daai kind is ‘n psigopaat wat later in sy lewe baie erge dinge gaan aanvang…

Carel ·

Julle is almal net half reg…..
Al wat nou moet gebeur hulle moet die klein gemors(seun) vir die selfde 2 veghonde voer…..ons het nie sulke siek diere(mense) in ons samelewing nodig nie…..

Dis jammer die hondjie moes so wreedaardig sterf…..

reinette ·

Hierdie kind is nie n mens nie, hy is n rioolhoop. Hy gaan nog baie erger dinge doen.

veronica ·

Voer ASB die klein gemors vir die veghonde!!!! En waarvoor word daardie veghonde Daar aangehou en gebruik???? Ons almal kan raai!! DBV moet hulle gaan verwyder!! Arme klein woef! Sulke barbaarse
optredes maak my SO naar!!! Swaarder strawwe asb!!!!!!!

Amerikaanse Veghond liefhebber ·

Vir die gene wat altyd so gal afgaan oor Amerikaanse Veghonde. Ons besit 3 van hulle, en hulle is PRAGTIGE diere, seker die mooiste temprament wat ek in ‘n langtyd aan ‘n hond gesien het. Daai honde is nie so gebore nie, hulle word so groot gemaak, laat die eienaar boet daarvoor, nie die pragtige dier nie. ENIGE dier kan so wees, as hulle lewenslank mishandel moet word.

lizette ·

Gooi die helsimgebroedsel van n seun vir die honde. Seun is te mooi woord vir hom. Eerder mishoopgebroedsel.

Babs ·

Dit is in die mense se natuur en kultuur om wreed te wees. Nou word ‘n hondjie dood gemaak. Wanneer hy groter is, is dit ‘n mens wat hy vermoor.

lanie ·

Die eienaar van die honde is nie nou verantwoordelik vir die hondjie se dood nie. Die eienaar van die honde het die klein hondjie gaan red !! Daardie klein misbaksel wat die hondjie gesteel en aspris vir die honde gegee het is verantwoordelik. Die honde het hulle terrein beskerm en het geglo die hondjie oortree in hulle terrein. As die kind gaan vir evaluasie sal dit uitkom hy het dalk al voorheen klein katjies en hondjies doodgemaak. Wanneer gaan hy nie klein kindertjies begin mishandel nie ? Enige terrier is die mees liefdevolle en lojaalste hond teenoor sy eienaar.

Ansie ·

Op 13 weet kinders min of meer wat is reg en wat nie. Dalk moet die kind maar ook vir veghonde gevoer word vir ‘n paar happe. As die verpesting dit aan ‘n baba hondtjie kan doen, wat is volgende? ‘N Mensbaba vir ander honde voer of self moor? Die verpesting is ‘n moordenaar en verkragter in wording.

Theresa ·

13 of 130. Ek hoop daar word opgetree teenoor hierdie kind. Julle kan hom altyd vir my gee. Ek sal hom reghelp. Dis om van mal te word. Liewe hemel die hele wêreld se mense het gek geword. Gaan daar geen einde wees aan al hierdie boosheid en wreedheid nie……?????????????????????????

Erika ·

Arme kleine woefie!! So wreed en so onnodig, sit hier met trane in my oè. Voer die d(*&^ seun VIR leeus. RIP little Angel, jy is nou in die dierehemel!!

Woef ·

Sal net ‘n raps oor die vingers kry, want hy is mos minderjarig, en al sy sogenaamde “regte” as “kind” sal hom beskerm. Dit mag inherente boosheid wees tesame daarmee dat hy ‘n produk van ‘n baie siek samelewing is. Ongelukking word baie “kinders” vandag verhoed om verantwoordelikheid vir hul dade te neem deur die einste wette en regte wat hulle beskerm. Die Satan sal die laaste duisend jaar op die aarde vry gelaat word…is daar iemand wat twyfel dat ons in daardie tydperk is, reg oor die wereld?

Willa ·

Theresa jy is sooo reg – dit is om van mal te word!! Onbeskryflike boosheid is besig om van ons wêreld besit te neem . My trane kan nie ophou rol! RIV Angel!!

Willa ·

Jy is sooo reg Theresa – dit is om van mal te word!!! ‘n Helse boosheid is besig om van die wêreld besit te neem. My trane kan nie ophou rol!! RIV Angel.

vanessa ·

Dis nie die laaste keer wat daardie 13 jarige monster se naam opspraak sal maak nie. Soos hulle se “Watch this space…” Daar’s groot fout met hom! Alle reeks moordenaars het as kinders diere gemartel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.