Seun (14) doodgeskiet toe rowers op hom en sy ma losbrand

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 14-jarige seun is Saterdagoggend dood nadat rowers op onder meer hom en sy ma losgebrand het toe hulle van ʼn misdaadtoneel gevlug het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die voorval Vrydag deur die loop van die dag in Harrismith in die Vrystaat plaasgevind het.

Ses rowers, gewapen met vier vuurwapens, het by ʼn plaaslike supermark ingebars en die bestuurder gedreig. “Hy het saamgewerk en hulle het van die toneel gevlug met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant. Soos hulle uit die winkel beweeg het, het hulle lukraak skote afgevuur op twee motors [met niemand binne nie] in die parkeerterrein; niemand is dus beseer nie.” het Mophiring gesê.

Die rowers het toe sowat een straat verder op ʼn groentewinkel toegeslaan en daar ook die klante en eienaars gedreig en met ʼn klein hoeveelheid kontant gevlug.

“Soos wat hulle in ʼn motor van die toneel gevlug het, het hulle ʼn veiligheidsmaatskappy se voertuig met een bestuurder in gewaar. Ons vermoed hulle het gedink die voertuig reageer op die voorval. Hulle het op hom losgebrand, maar die man [die bestuurder] is gelukkig nie gewond nie,” het Mophiring gesê.

Die verdagtes het toe nóg ʼn voertuig van dieselfde veiligheidsmaatskappy gesien met ʼn ma en haar seun binne en op hulle ook losgebrand. Albei is raakgeskiet.

“Die seun is na ʼn privaat hospitaal gehaas, daar gestabiliseer en vandaar na ʼn streekshospitaal in Qwa-Qwa oorgeplaas. Ons het Saterdagoggend gehoor hy is oorlede. Ek is nie seker hoe dit met die ma gaan nie,” het Mophiring gesê.

Terwyl die verdagtes verder gevlug het, het hulle op ʼn polisievoertuig wat besig was met patrollie óók losgebrand. Dié beampte is gelukkig volgens Mophiring ongedeerd.

Die polisie ondersoek twee sake van sakeroof, een van moord, drie van poging tot moord en ook ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging [al die voertuie waarop daar geskiet is].

Mophiring het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om die misdaadstoplyn by 08600 10111 te kontak. Oproepe sal anoniem hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Netso ·

Ek is stom gelslaan! Hoekom is daar soveel vuurwapens skielik in die verkeerde hande? SAP is so besig met wettige vuurwapen eienaars, begin letterlik voor jul deur eers met padblokades met onwettige vuurwapens asb ?

C ·

Daar is soveel wapens in die verkeerde hande want hulle beroof dan tot deesdae die polisiestasies! Dis hoekom hulle wil hê die vuurwapens moet ingehandig word sodat dit kan geroof word!

Boerrie ·

…maar moes die polisie nie agtena gejaag en hulle gevang het nie????

jannie ·

Hulle het omgedraai want hulle moes n saak gaan oopmaak het eers dan gaan hulle agterna

Nita ·

Sal hierdie tipes rooftogte en moorde ophou as elke swart arm mens n stukkie grond het? En waar kry hierdie rowers al hulle wapens? Is dit al daardie wapens wat ons moes inhandig? Soos dit lyk gaan daar nog 400 000 duisend wapens in omloop kom, aangesien ons laat aansoekers nou geen genade gaan ontvang nie.

RN ·

En steeds ontken die goewerment dat daar drasties fout in ons land is. Volgens hulle is al hierdie misdaad gevalle leuns. Wonder wat sê hulle hiervan? Ook iets wat sommer net uit die duim gesuig is? En waar is al die polisie? Plat geval toe hulle skote hoor….OMW, ons en ons land is in sy maai in.

LOL ·

Jaaa Ramaphosa, wys jou hoe swak jou prioriteite is. Die feit dat jy eerder op grondonteiening konsentreer en hierdie gruwel misdade laat hoogdy vier, sê net vir my jy steun die misdadigers!

Presies ·

Jy sien… enige patrollie motor, kan maar in die vervolg 2 of meer aktiew, aan diens persone vervoer. In so ń geval kan daar darm terug baklei word. So kan daar meer werk-skepping plaasvind.

Die staat o.a kyk eerder na hulle eie gat-sakke as na hul kiesers se welstand en veilgheid asook werksepping.

Stel meer lede aan maak noe saak van hul kultuur nie en die land kan dalk net moontlik ń veiliger plek word.

Die ma en kind asook familie jule is in oms gebede. Reuse verlies , daai kind is die land se toekoms.

Ann ·

My hart is baie seer oor die kind. Hy was Gr 8 en ʼn vriendin van my se broerskind. My vraag is hoekom? Hoekom moet ʼn kind se lewe so wreed beëindig word? Hy het sy lewe voor hom gehad …

Kalahari Kind ·

Ai, die seerste seer. Mag God almal help dra. Ons bid vir julle.

Ben ·

“Guns Free South Africa” julle het baie bloed op julle hande. Hoe moet die publiek hulle nouself verdedig?

PJC ·

Ja Boerie ek wonder ook hoekom het die polisie hulle nie gevolg en versterkings op hulle radio gevra indien hulle te bang was om self iets te doen nie.

nannie ·

Die skelms weet al dat hulle kan skiet en dood maak en hulle sal niks oor kom nie. Sterkte aan die dame wie se seun oorlede is.

NAAMLOOS ·

MY VRAAG WAT HET HULLE IN DIE SEKURITEITS VOERTUIG GESOEK

Monica Schoen ·

Ek is n ma van n 8jarige dogtertjie wat 3 weke na n seksuele aanranding daad oop gemaak het en my als vertel het. Hoe kan die hof besluit hulle ganie die saak vervolg as daar ni eers maatskapkike werkers of ordentlike asesering betrokke was by die saak nie. Is ons land se regstelsel so korup waarvoor is daar n vroue maand as daar nie gehoor gegee word op vrouens en kinders se roep nie. Daar word gese dis sy woord teen hare omdat sy soblankbgewag het om my te vertel. Maar my verklaring en gevaartekens wat ek gesien het is nie eers hof toe ni. Hoe kan hy wegkom met so iets hoe verduidlik ek vir my kind ek konie vir haar regte baklei en haar beskermhet teen hom nie want die regstelsel laat vroue en kinders in die steek. Hoe en wat maak ek nou. Wat doen ek volgende sit ek maar net handjies gevou en los als of baklei ek. Hoe baklei ek waar begin ek. My man en ander kind lui hieronder hoe kan ek normaal funksioneer as ek weet iewers is daar n pedofiel en dit sal ma altyd sy woord teen die slagoffers sin wees. Wat volgemde vir hom seksuele verkragting. Help my asb!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.