Seun (14) enigste van gesin wat brand oorleef

(Argieffoto: Pixabay.com)

ʼn Brand wat Vrydag in ʼn woonstelgebou in Joe Slovo Park in Milnerton gewoed het, het ʼn gesin uitgewis en een seun wees gelaat.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweer- en reddingsdienste, het aan Maroela Media gesê dat brandbestryders Vrydag teen 01:16 ʼn noodoproep ontvang het dat daar rook uit ʼn woonstelgebou borrel.

Volgens Carelse was die brand in ʼn woonstel op die grondvloer van ʼn woonstelblok in Nqabe-straat. Hy sê dat die brandbestryders deur omstanders ingelig is dat daar steeds mense in die woonstel was.

Lede van die gemeenskap het vroeër reeds probeer om die familie uit die woonstel te red, maar kon nie daarin slaag nie as gevolg van rook en die vlamme wat reeds te groot was.

Die vuur is geblus en ʼn soek-en-reddingspan is by die woonstel ingestuur. Daar het die span op die lyke van twee volwassenes, asook twee minderjariges en ʼn baba afgekom. “Die ma het steeds haar baba in haar arms gehad toe sy gevind is,” sê Carelse.

Die 14-jarige seun is ook in die woonstel aangetref, met verskeie brandwonde oor sy lyf en aan sy kop. Carelse sê paramedici het na die seun op die toneel omgesien en hy is per ambulans hospitaal toe vervoer. “Die toneel word tans deur die polisie ondersoek,” sê hy.

In ʼn verklaring het die polisie gesê hulle ondersoek nog die oorsaak van die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Carin ·

Ai dis vreeslik die tyd van die jaar… Soveel sterftes. Dink aan die seun wat nou wees gelaat is.

E ·

Sterkte aan die seun. Mense weet nie hoe pynlik brand is nie. Dit is onbeskryflik. En dan nog sy familie.

Verwonderd ·

E my vraag is dadelik het hy nie dalk die brand begin nie?

Jerry B ·

Baie tragies. Die mees lydende manier om te sterf. Dis erg.

Verwonderd ·

Wonder maar net of die weeskind nie die brand begin het nie. Dalk per ongeluk dalk per moedswillg.

wonder ·

Dalk moet jy ophou wonder en wag vir die uitslae van die ondersoek..

Maritza ·

Verwonder het jy al gewonder of die brand nie dalk agv n kortsluiting begin het nie????? Of dalk n sigaret stompie??

GM ·

Dis verskriklik!

Verwonderd – Nou hoekom sal jy nou só wonder?

Carin, dis vreeslik ENIGE tyd van die jaar, nie net oor die Kersseisoen nie.

Bets ·

Siestog, so tragies. Kan net hoor hoe die baba moes geskree het en die mamma wat haar vasgehou het, ag jinne die arme kind wat oorgebly het, wat dit beleef het. Baie sterkte aan hom wat daarmee moet saamleef, mag die res in vrede rus en innige simpatie aan die familie

KG ·

Ek is altyd verstom oor hoe sinies die mensdom geraak het en altyd die slegste moet dink!!

Dis bitter tragies en hartseer wat gebeur het, baie sterkte aan die seun op sy pad van herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.