Seun (14) se geliefde hond sterf ná ‘opsetlike’ veghondaanval

Ei-Lermo en Roché. Foto: DBV.

ʼn Jong seun van George is hartgebroke gelaat ná sy geliefde hond, Roché, vandeesweek van kant gemaak moes word nadat sy onverwags deur pittbulls aangeval is.

Ei-Lermo Erasmus (14) was Maandag oudergewoonte saam met ʼn groep van sy vriende op pad na die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) om kos vir hul honde af te haal en hulle te laat dip toe die eienaars van ʼn groep pittbulls hul honde glo opsetlik aangepor het om sy hond aan te val.

Volgens Gerda Reynders, woordvoerder van die plaaslike DBV, was die seuns se honde aan leibande wat die DBV vroeër aan hulle verskaf het, maar die pittbulls was nie.

“Ons glo [die aanval] was beslis opsetlik. Die eienaars van die pittbulls het onmiddellik ná die aanval weggehardloop. Dit is net sy hondjie wat aangeval is,” het Reynders verduidelik.

Ei-Lermo het Roché, wat erg beseer was, in ʼn krat tot by die DBV gedra. Volgens Reynders was haar beserings net té ernstig en moes hulle haar ongelukkig van kant maak.

Sy het gesê Ei-Lermo en sy maats bring gereeld hul honde om gedip te word en om kos te gaan haal vir die honde.

Reynders het gesê daar is nie in dié stadium ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak teen die eienaars van die pittbulls nie, maar dat die DBV beslis van voorneme is om die saak verder te neem sodra hulle die eienaars opspoor. “Ons soek na hulle. Dis egter ʼn baie groot gebied,” het sy gesê.

Daar het sedertdien ʼn storm op die Tuinroete DBV se Facebookblad losgebars oor pittbulls, met talle sosialemediaverbruikers wat dié honderas veroordeel. Reynders het egter gesê dit is nie die honderas wat veroordeel moet word nie, maar die optrede van die honde se eienaars.

Mense het intussen ook na Ei-Lermo uitgereik om hom by te staan ná die traumatiese ervaring. Volgens Reynders sal die DBV vandag die hondehok en hondekos wat mense aan Ei-Lermo geskenk het vir Roché se ma, Queen, neem. Ei-Lermo het slegs ʼn dag ná die aanval vir Queen na die DBV geneem om gesteriliseer te word.

Enigiemand wat vir Ei-Lermo of die DBV wil bystaan, kan 044 878 1990 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

t ·

dit is hart verskeurend …. ek kry hom so jammer die seuntjie en die hond … hoekom moet daar bad mense wees?

RB ·

So jammer dat die kind so iets moes deurmaak, gelukkig was hy nie ook aangeval nie.

Andre ·

Hoekom voorspel ek NOG ‘n ‘rasse’ issue op die horieson?
Dis verskriklik wat gebeur het. In ons woonbuurt is ook ‘n karakter wat nie sy boerboel in die erf kan hou nie. Mense is onverantwoordelik! Ek het 2 kollie honde en as ons gaan stap, is hul aan bande. Kans is groot dat hulle jou sal dood lek, maar wet bly wet…

Honde Liefhebber ·

Hoe kan mense so gemeen wees? Die seun het so mooi na Roche gekyk, beter as baie mense. Jammer ou seun.

Mariska ·

Dis hartverskeurend. Sy beste maaikie is van hom geneem omdat hartelose mense die wreedheid van honde gevegte geniet. Dit is nie die pitbull se skuld nie maar die manier hoe hulle groot gemaak word. Enige hond kan of die liefste of die wreedste wees. Hang maar net af van jou as eienaar. So jammer seun, dis werklik so onnodig gewees.

Lourens Kritzinger ·

Dis so waar. Dis hoe die hond geleer en groot gemaak word,nie die ras as sulks nie!

Katryn ·

Ek hoop iemand kan vir hom ‘n nuwe hondjie gee. Duidelik is die seuntjie ‘n diereliefhebber en dis jammer dat hy deur sulke trauma moes gaan.

Jakalas ·

Op die einde het hulle genoeg dat hy vir hom ‘n nuwe hondjie gekry het by die DBV :-)

Spikkel ·

Hier is n groot probleem met hondegevegte in George. Beslis nie die honderas wat die probleem is nie…mense is die probleem. Dit is baie hartseer en ek hoop van harte die vieslike lummels word gevang en ondersoek. Hulle is beslis by hondegevegte betrokke. Miskien kan hier iets positief van kom indien hulle gevang kan word. Ek hoop.die seun wat so mooi na sy eie diere kyk kry weer een vir wie hy n liefdevolle huis kan gee

wielie ·

Pasop eienaar van die pitbul miskien draai jou hond nog teen jou ……. dan gaan jy voel wat daardie klein hondjie gevoel het toe sy so verskeur is. Hoop jou nagmerries ry jou oor die kind wie n viervoet maatjie verloor het. Jy het seker nie n gewete of gevoel vir medemens nie?

MARLENE ·

ek weet hoe hartseer dit is , veral as jy so lief is vir jou 4voet diertjie. ek is daar deur en mis haar nog al die pad en dis nou al 2jr terug

JAMES ·

Pit-bull terriers moet uitgeroei en verban word. Dit is die grootste gemors honde onder die son.

Judean Jansen van Vuuren ·

Ai James, dis regtig nie die honde nie maar hoe hulle groot gemaak word. Ons het ‘n Pittbull en sy is die liefdevolste hond denkbaar. Ek wens jy kan haar kom ontmoet, ek belowe jou jou hele siening oor Pittbulls sal verander.

Bokkie ·

Dis met baie trane dat ek nou tik – so indien daar spelfoute is – gee ek ook nie om nie. Ons moes ook vandag ons hondjie van 15 jaar laat uitsit. My hart so seer – ek kan my net indink hoe die jong seun moet voel – om dit te aanskou, die beseerde hondjie DBV toe te dra en om te weet dat (hoop nie hy het gesien nie) die hondjie daai lethal injection gaan kry! Sjoe xxx

Ekke ·

Is daar nie n wet dat persone onder 16 jaar nie met honde in die publiek mag loop nie? Al is dit aan n leiband? Erens so iets gelees n ruk terug.

JAMES ·

Nou word die arme slagoffer weer blameer! Hoekom kies jy om dit uit te lig? Dink jy dalk dat die pit bulle op leibande was? Dink jy dalk dat as die persoon wie sy hond verloor het 60 jaar oud was, hy die situasie beter kon hanteer? In die VSA is pit bulle 4% van die hondepopulasie maar hul is verantwroodelik vir 60% van die sterfgevalle van mense. Een persoon word elke 13 dae in die VSA gedood deur ‘n pit bull hond.

Fanie ·

Nou moet ons weer hoor watter pragtige honde pittbuls ! Snaaks dat die meeste aanvalle deur hierdie honde gedoen word !

Liefhebber ·

Ja Fanie, omrede almal altyd net die lig laat skyn op die pitbulls, ek weet van jack russels, Labradors en nog baie ander honde wat nog erger aangaan as pitbulls! Moenie jouself blindstaar en net glo wat jy lees nie. As jy my twee pitbulls sien sal jy verbaas wees hoe baie liefde hulle vir ander mense het en nog meer ander diere!!

Hanna ·

My bloed kook as ek sulke berigte lees. Wreedaarts dit is wat hulle is, hulle kyk toe hoe die kind se hond verskeur word. Nee laat ek liewer verder niks se nie

Estelle ·

“Volgens Reynders sal die DBV vandag die hondehok en hondekos wat mense aan Ei-Lermo geskenk het vir Roché se ma, Queen, neem. Ei-Lermo het slegs ʼn dag ná die aanval vir Queen na die DBV geneem om gesteriliseer te word.” – Lees ek reg? Ek hoop regtig nie die DBV gaan vir Queen, Ei-Lermo se ma steriliseer nie?!!!

Hanna ·

Nee Roche is die oorlede woef, en Queen is die oorlede woef, Roche se mamma.

Toppie ·

Tragied – kan dankbaar wees die honde het nie die kind aangeval nie.

Hanna ·

Hi nee James regtig waar. Mens kry wrede mense en jy kry liefdevolle mense, dis hoe hul groot gemaak word waar die verskil in kom, netso kry mens wrede honde en liefd volle honde, hang af hoe hul groot gemaak word, mens kan enige honderas wreed en kwaai maak, of baie liefdevol maak. Ekt self American Pittbul gehad, en sy was die liefdevolste ding ooit, mis haar baie. Daar het ook ‘n jaar gelede ‘n baie liefdevolle vreemde pittbul, gereeld vir my hondjies kom kuier om kee te speel, want hy was alleen. Hyt homself sommer tuis gemaak op my banke, so mellow soos ‘n hippie op ‘n dagga trip. Rustig sê ek jou. Toe ek klein was, het ‘n German Shepherd net op my af gestorm en my gebyt sonder rede, toe my ma wasgoed opgehang het, vreemde hond. Ook was my nefie aan sy been verskeur deur vreemde varkhond wat in straat geloop het. Moet asb nie die honde ras oordeel nie, maar eerder die mens.

Louise ·

Hondegevegte in Suid-Kaapse dorpe is n groot probleem. Ongelukkig is daar n deel van ons samelewing wat so sleg en laag is dat hulle nie eens basiese menslikheid het nie. Kyk maar waar word die meeste dwelms verkoop, kinders verwaarloos en diere mishandel. Al die sogenaamde opheffingsprogramme is n mors van tyd en hulpbronne. Ek skenk geld alleenlik aan organisasies wat diere help. Jy kan nie van jou ingebore, slegte aard wegkom nie. Hierdie voorval getuig daarvan.

Bokkie Langeveldt ·

Ek is so jammer vir die seun se verlies . Ek kan sien dat hy swaar deur die verlies van sy woef geraak is. Ek het vyf honde en het onlangs na n huis met n kleiner erf toe getrek. So besluit ons toe om vir twee van ons honde goeie huise te soek. Ek kan dit nie oor my hart kry om een van my vierbeen kinders weg te maak nie. So ek weet nie hoe voel die arme kind nie.

isabel ·

In ons area loop hulle wel met die honde aan bande. Maar loop aspris so na aan heinings dat hulle die honde aanpor en aanhits om met ander honde te baklei…een van hulle het my choau se voet gegryp.. Deur n 4 cm gaping van die hek…die putbull het los geruk van die band.. Ander putbull is so bang vir sy eienaar…hy loop met band..as h hom nie gedra nie…slaan hy hom met die vuis…….ek het n vrees vir daardie honde….maar dis hoe die eienaar die hond groot maak. Ons kan al n blok of twee ver hoor….wanneer die honde oppad is….regtig hartseer

Jonelle de Bruyn ·

Ek kan nie glo dat die areme kind sy beste vriend verloor het nie. Dat mense hulle honde leer om ander honde aan te val. My seun is 7 en sy hond is soos n famielie lid vir ons. Hy slaap tot saam hom al nadeel die mamma moet Rassie 1 keer n week bad en baie gereeld gekam word. Sterkte vir die seun deur die tyd en hoop die leegte weer herful met n nuwe brakie.

Nikki ·

Ek kan nie eers myself indink hoe hierdie arme seun moet voel nie!!! Dis verskriklik!

Tania ·

Die gestrui oor pittbulls sal nooit ophou nie. Ongelukig lui hierdie honde onder die swak gedrag van mense. Hulle gebruik juis hierdie honde vir gevegte omdat hulle so lojaal aan hulle eienaars is, hulle sal enige iets vir hulle mense doen al is dit om ander honde te verskeur en in die proses self verskeer te word. Hulle is baie sterk en het n “high pain tolerance” en daarom word hulle misbruik en verkeerd groot gemaak. Eks baie life vir ons ou pitty en ek voel so jammer vir die honde wat by hierdie slegte mense groot word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.