Seun (14) sterf ná oom hom aanrand

hof-hamer

Argieffoto.

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn minderjarige familielid (14) met ʼn elektriese kabel aangerand het, het Vrydag in die Giyani-landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord.

Die voorval het Dinsdagaand in die Mphagani-nedersetting buite Giyani plaasgevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Elvis Shitivi (35) sal in aanhouding bly tot Maandag 9 Oktober wanneer hy formeel om borgtog aansoek sal doen.

Die man het glo vir Akani Shiviti (14) met ʼn kabel aangerand omdat hy glo by sy oom se huis ingebreek en R1 000 gesteel het. Hy is later dood op sy bed aangetref.

Hy het by die oom gekuier ten tyde van die voorval.

Die polisie het die voorval ten sterkste veroordeel.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mielie ·

Dis verskriklik wreed….. Hoe dink mense hulle kan wegkom deur te steel en te moor. Vir R1000 (wat ek glo baie was vir beide partye) is mense se lewens deur ongedissiplineerde gedrag verwoes. Waar is die stigting oor Black lives matter nou….As hulle ernstig is oor hul beweging behoort hulle meer opsigtilik te wees en dit waarvoor hulle staan te promote. Hoe slaan mens iemand dood…..dieselfde gaan vir families wat ook so uitgemoor word…..

Piet ·

Die “black lives matter” beweging is n Amerikaanse beweging wat gestig is nadat n polisiebeampte n ongewapende swart persoon gedood het.

jaco ·

gaan polisie toe en verkla die kind van diefstal, dan kom daar NIKS van nie. Maar ek sal graag wil weet of die swart oom nou ook so swaar gestraf gaan word soos die wit doodskis-mense en die wit boer van brits wat die lemoendief geskiet het.

Cacophony ·

Jaco en die punt van jou kommentaar is wat? Ons praat van ‘n kind wat deur ‘n volwassene vermoor is deurdat hy doodgeslaan is en jy kom en haal die doodskis ding aan. Jis sosms wonder ek oor die menslikheid van mense in die plek.

snoefie ·

die punt van die saak blyk konsekwensie te wees kakofonie. hoe kan jy dit nie insien nie. die Colignymanne se slagoffer het na bewering gespring maar hulle is van n kakofonie van misdrywe aangekla. die doodskismanne was ses maande aangehou as verhoorafwagtend op n kakofoniehuisie vol aanklagte. die britsboertjie is aangekla van moord sonder dat die nvg n lyk het. jis die intelkek van som mense hier! of die soektog na bbbee browniepunte.

Sue ·

“Die polisie het die voorval ten sterkste veroordeel” maar “Plaasmoorde word ondersoek”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.