Seun (14) verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun het Donderdag in ʼn swembad in St. George’s Park in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het lewensredders die seun op die bodem van die swembad gesien en hom uit die water getrek.

Botha het gesê daar is mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas. Hy is egter op die toneel dood verklaar.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.