Seun (15) in hof vir huismoeder se moord

Carima Barnard. Foto: Verskaf

Carima Barnard. Foto: Verskaf

Die 15-jarige seun wat verdink word van die moord op Carima Barnard (50), ʼn huismoeder van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum naby Dewetsdorp in die Vrystaat, het Maandag vlugtig in die hof verskyn.

Sers. Yanda Ngcukana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die saak is tot Woensdag uitgestel om die seun genoeg tyd gun om ʼn regsverteenwoordiger aan te stel. Hy sal na verwagting dan om borgtog aansoek doen. Hy bly in aanhouding in Bloemfontein.

Maroela Media het vroeër berig twee leerlinge aan die jeugsorgsentrum, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is verlede Dinsdag na ʼn plek van aanhouding in Bloemfontein geneem nadat Barnard se liggaam in ʼn plas bloed by ʼn lodge op die skoolterrein gevind is. Sy is vermoedelik met ʼn baksteen en ʼn klip doodgeslaan en het weens hoofbeserings beswyk. Die motief vir haar moord is nog nie bekend nie. Daar is glo bloedvlekke op die 15-jarige seun se T-hemp en tekkies gevind. Die 16-jarige leerling is later in die sorg van die skool vrygelaat, hangende die uitkoms van die moordondersoek.

Lees die vorige berigte oor Carima Barnard op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Dis verdomp siek verby. Mens word sommer naar……………………

Gesiggie. ·

Dit is vreeslik om te hoor, dat n 15 jarige seun tot so iets in staat is??? Mense waar gaan die land heen?? En die pragtigge vrou?? wat so baie vir die kinders gedoen en beteken het?? Sy het haar lewe vir hul opgeoffer… Hoe kan so n jong kind….. eers daaraan dink??? En wat kon so n Pragtigge mens aan hul gedoen het, om hul te laat snap??? Sterkte aan Carima se Familie en Vriende… Die seer sal nooit verdwyn… ,maar die herdenkings sal altyd bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.