Seun (15) se lyk in begraafplaas gekry 

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Barkly-Wes in die Noord-Kaap het met ʼn grootskaalse soektog begin nadat die lyk van ʼn 15-jarige seun in ʼn begraafplaas gekry is.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, is die seun se liggaam Saterdagaand omstreeks 23:30 in ʼn begraafplaas in Mataleng gevind.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun met ʼn klip of baksteen teen die kop gegooi is.”

Hy is op die toneel dood verklaar. “Die motief vir hierdie grusame moord is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Die polisie doen ʼn beroep op mense met inligting om die Barkly-Wes-polisiestasie by 053 531 6200 of lt.kol. Roman, die stasiebevelvoerder, by 082 4955 018 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Botterblommetjie ·

So hartseer… Die parlement kommer net oor grond, geld en goed…. mense lewens is nie op hul lys van prioriteite nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.