Seun (15) se lyk in kloof gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die ontbinde liggaam van ʼn 15-jarige seun is deur reddingswerkers en lede van die polisie se honde-eenheid uit ʼn kloof naby Pinetown in KwaZulu-Natal verwyder.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn persoon wat skrootmetaal bymekaarmaak, het op die liggaam afgekom. Volgens Zwane is die kloof in KwaDabeka en word dit deur inwoners as ʼn vullisterrein gebruik.

Zwane het gesê reddingswerkers moes sowat 60 m teen ʼn steil afgrond af abseil om by die liggaam uit te kom. Die seun is twee weke gelede as vermis aangemeld en volgens Zwane word daar vermoed dat hy deur sy ma se vriend ontvoer is. Die ma en vriend het glo vervreemd geraak en hy het glo die seun ontvoer in ʼn poging om sake uit te klaar.

Volgens Zwane soek die polisie intussen na die man. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die seun se dood te bepaal.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Human ·

‘n Kloof word mou gebruik as ‘n vullisterrein!!! Seun sou dalk net seer gekry het, maar watse gemors was daar onder? Jammer vra net.

Fanie ·

Goeie genugtig!! Kan niemand iets doen omtrent die natuur wat daar so verrinnewoes word nie?!. Dit gaan meer sulke gevalle vorendag bring!!

Johann Marx ·

In Suid Afrika word “mors” as “werkskepping” beskou. Pikitup het sopas vir 3 weke hier by ons “gestaak”. Hier kos dit ons alreeds R209,20 per maand om een keer week ‘n asblik leeg te maak.

tamboti ·

Voor die einde van die eeu sal SA lyk soos een groot dor ashoop met miljoene wat daarop vergaan, maar die ANC sal steeds regeer, blink en vet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.