Seun (15) sterf ná kar rol

Die motor wat gerol het. Foto: Netcare 911.

Die motor wat gerol het. Foto: Netcare 911.

ʼn 15-jarige seun is dood en een persoon is in ʼn kritieke toestand na ʼn Gautengse hospitaal geneem nadat ʼn motor Sondag verskeie kere gerol het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R560 naby Hekpoort plaasgevind. Paramedici van Netcare 911, provinsiale nooddienste en die Magaliesberg-brandweer is na die toneel ontbied.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was die bestuurder en die seun in ʼn kritieke toestand,” het Mathe gesê. “ʼn Helikopter is ontbied om die seun na ʼn hospitaal te neem, maar sy hart het ongelukkig gaan staan net nadat die helikopter geland het.”

Paramedici het dadelik noodhulp toegepas, maar die seun het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die motor is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pieter ·

Dis so tragies ,so baie ongelukke die naweek ek het soveel bestuurders die naweek gekry wat geen respek het vir padreels nie gaan verby op sperstrepe,stop nie by stop strate of robotte nie ens ,nou waars ons verkeersbeamptes sit agter spoed kamaras , da net nie meer respek vir pad reels nie
sterkte aan seun se familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.