Seun (15) voor huis doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 15-jarige seun is Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn huis in Humansdorp in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Antonio Botha het glo omstreeks 02:00 buite die huis in Rosyntjiestraat gestaan toe ʼn onbekende persoon verskeie skote op hom afgevuur het, het kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê.

Gemeenskapslede wat die skote gehoor het, het hulle na die toneel gehaas en die seun op die grond met verskeie skietwonde aangetref.

“Die verdagte het reeds van die toneel gevlug en gemeenskapslede het die nooddienste en polisie ontbied.”

Botha is deur paramedici op die toneel dood verklaar. “Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie en word ondersoek,” het Swart gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om AO Morné Smit by 071 678 8072 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Dries du Toit ·

Dis n bitter gevaarlike land waarin ons leef. Ek moet more 700 km ver ry. Weet dat as ek n papwiel kry is my lewe in gevaar. Weet dat moontlikheid kan ontstaan dat ek deur verkeerskonstabels geintimideer kan word. Dit is n nagmerrie in hierdie 3e wereld land

Hannetjie ·

‘n Onskuldige kind.Mense wat so roekeloos met wapens omgaan moet ook lewenslank…en dit beteken….tot hy/sy haar asem uitblaas in die tronk bly.Sterkte aan die gebroke familie.

Bekommerd ·

Ek stem saam met jou, Dries. Ek waarsku my kimd heeltyd om asb te sorg dat hy genoeg petrol in sy kar het en die kar gereeld te diens. Dieselfde geld vir almal van ons, as jy blank is kan jy nie langs die pad gaan staan nie. Ons lewe is niks werd nie.

Cecilia Steyn ·

Hy’s 15! Wat soek hy daai tyd van die nag op straat! Waar’s sy ouers?

Marinda Heckroodt ·

My goeie genade! ‘n seun is dood. ‘n familie is in rou! Waarom dink mens dis ‘n goeie idee om te veroordeel! Hierdie seun was nie veronderstel om doodgeskiet te word nie. Maak nie saak hoe laat of vroeg hy buite die huis was nie. My innige simpatie aan sy ouers. As julle hierdie lees, moenie negatiewe kommentaar lees nie. Die mense dink nie. Die seer is groot genoeg en dis nie nodig om dit erger te maak deur onsensitiewe aanmerkings te lees nie.

Ronel ·

Uhm Marinda. Die kommentaar is nie onsensitief gewees nie. Ek het self kinders van daai ouderdom, dis hoekom ek graag sal wil weet wat hy buite gesoek het. As n kind nie kan slaap nie, moet hy nie buite gaan rondloop nie. PUNT. AS my kinders dalk nie kan slaap nie, weet hulle dat hulle my kan kom wakker maak, dat ek dalk vir hulle ‘n warm drankie kan gaan maak, eerder as om buite IN DIE KOUE rond te gaan loop. natuurlik gaan my hart uit na die ouers wie n kind aan die dood afgestaan het! Hou op om die haat in ander se kommentaar te probeer lees. Dit was ‘n dood normale reaksie van enige dood normale ouer, met tieners in die huis, my poppie.

Zombie ·

Mag daar nooit ń tyd in Ronel se lewe aanbreek waar sy met spyt aan haar onsensitiewe en sarkastiese kommentaar sal terugdink nie. Wat getuig jou kommentaar van jou opvoeding en karakter, Nellie?

Chrisjan ·

Ek dink SAners is oor die algemeen (in elk geval my vriendekring) simpatiek en staan saam waar dit nodig is, MAAR dit veroorsaak nie dat ons nie die harde werklikhede van SA se omstandighede miskyk nie. Ek wou die horrie-piep kry toe ek in Israel sien hoe jong (+/- 8jarige) dogtertjies saans (dit was skoolvakansie) ongeveer 20:00 – 21:00 alleen bus ry en inkopies doen. Daar is dit die norm. In SA is dit nie meer die norm nie, selfs nie in n dorpie soos Humansdorp waar daar in sekere kringe bende-, dagga- en ander dwelmprobleme is nie.
Beskou die bogenoemde “kritiek” eerder as die uitspreek van skok omdat jong(er) kinders in SA nie vandag meer die voorreg het om vrylik rond te beweeg nie. Dis ongelukkig soos die Ingelsman sê “hard core” realiteite dat 02:00 in die nag in SA nie n goeie plek is om buite te wees nie.

Ag tog ·

Ag toenou Zombie en Marinda…… Dis verantwoordelike mense wat weet dis gevaarlik, ons bly in SA, en daarom wonder wat het hy daai tyd vd oggend buite gemaak het. Dit het niks met onsensitiwiteit te doen. As iemand iets gesê het soos ” dis sy verdiende loon, wat het hy buite gesoek” dit sou onsensitief wees.

Bekommerd ·

Dis skokkend dat ons onsself soos gevangenisse in ons huise moet toesluit. Hierdie week weer gelees wat mense elke aand moet aanskakel, toesluit en aktiveer om veilig te wees in hierdie land. Vriende het nou teruggekeer van ‘n lang vakansie oorsee waar burgers van daai land in die vroeë oggendure met hul honde gaan stap en gaan draf om fiks te bly, want dis die koelste tyd van die dag om te oefen. En hier word die jong seun veroordeel omdat hy buite sy erf was. Genade, plaas dat ons hierdie regering veroordeel omdat ons onnatuurlik onveilig lewe!

Sarel Strydom ·

Familie is in rou en daar is mense wat klaar klippe en verwyte rondgooi.
Mag julle nooit in die situasie kom dat mense dieselfde aan julle mag doen nie. Vandag kan dit met enige van ons gebeur. Dank God dat dit nie jou familie is nie.

Bekommerd ·

Stem saam met jou, Sarel! Ons veroordeel te maklik! By the grace of God go I!

Ronel ·

Hou op oordeel!!! Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Simpatie aan die familie in hierdie hartseer tyd

George ·

Klink baie of dit ‘n gereelde afspraak kon wees om daardie tyd van die oggend buite te wil staan.

Michael P ·

Die motief vir die moord is onbekend.Mense dit is S A hier is n lewe niks werd nie mense loop rond en moor as of dit n speletjie is. Dit is soos Dries se dit is net baie gevaarlik Dries ek reis ook baie en daardie vrees is altyd by jou . Veilige reis vir jou.

Vick ·

My 17 jarigge kind doen dit ook, ons het al hoeveel maal in die middel van die nag wakker geword in sy kamer ingeloer dan is sy bed leeg en hy net weg. Hy doen dit al vandat hy 14 jaar oud is. Ons kry hom dan of op die sy paadjie sit of hy loop rond in die strate. Hy is nie die enigste kind hier rond wat dit doen nie. Elke keer gaan staan my hart byna, kinders besef nie in watter gevaar ons leef nie.

Danie ·

en jy het nog nooit ondersoek in gestel eom te bepaal wat die oorsaak is nie. Dit is voor die handliggend dat daar erens `n probleem is. Spy op hom as dit nodig is om agter die kap van die byl te kom en moet nie net gemoedsrus aanvaar wat hy/ sy se nie. Mense / kinders doen snaakse dinge en van wie mens die minste verwag kom soms groot skok. Iemans wat rond dwaal in starte is op soek na iets en as hy net buite huis sit, is daar iets wat hom pla. Maak afspraak met kop dokter as jy werklik omgee.

Susan ·

Aan die ouers wat so klippe gooi, het julle ook groen koring op die land? Niemand weet wat die omstandighede was nie. Ekself loop snags ook in my tuin as ek nie kan slaap nie. Kom ons bid bir daardie ouers vir vertroosting.

Natalene Visser ·

Ek lees al die kommentare, dié wat wil weet wat die seun daardie tyd van die nag buite maak en ook dié wie aan die familie se seer dink. Albei het sterk punte, maar die vraag bly, wat doen n 15jarige seun 2uur in die oggend buite. Humansdorp is my geboorteplek. Ek ken dit soos die palm van my hand. Ouerhuisbande kon nog nooit sterker gewees het as vandag nie. Geen ouer kan dit vandag van enige kind duld om so op te tree nie. Hulle moet van kleins af respek en verantwoordelikheid geleer word oor wat hul dade vir die ouerhuis kan bring. Tussen hakies, dis in elk geval op hierdie oomblik bitter koud met ysige reën en stormsterk westewind daar. Wat soek hy buite?????

Wonder net ·

Onwederkeurig kom die vraag op …. is daar nie dwelms betrokke Ja ek weet ouers sal skree nee!! maar ek vra net. Skrywe van Vick jou kind stel jul lewe ook ingevaar hou doen en late dop miskien kry jul die skok van jul lewe

Ekke ·

En wie se skuld is dit. Dat die mooi Land se mense nie meer veilig is nie ??? Natuurlik die Persoon wat wet en orde moet inplimenteer…. Het dit 40 jaar terug so gelyk?? Nee want daar was wet en orde..

Michael P ·

Poot. Ekke se dat daar wet en orde was 40 jaar terug. Iets wat hierdie land nie meer het nie. Kort voor lank lyk ons net soos die res afrika.

Stem saam ·

SA lyk nie soos die res van Afrika nie, SA is soos die res van Afrika – met hier en daar ‘n bietjie ligpunte.

wonder ·

Gedagtes gaan deur my kop en ek wonder, was die kind nie ingetrek by dwelmhandel nie en wou nie meer saamspeel nie. Sorry maar dit is die werklikheid deesdae.

Mamma ·

Dit was ‘n jongmens. Normale jongmense wil uitgaan en kuier laat. Ek weet – ek was ook jonk en het ook tot in die oggend ure gekuier en ek was en is steeds baie ordentlik. Waarskynlik het hierdie jongmens niks verkeerd gedoen behalwe om soos ‘n jongmens op te tree nie. En as jou kind nie laat uitbly nie is jy baie gelukkig, maar dit maak nie ander dood normale kinders verkeerd of sleg nie.

HPV ·

Alle 15 jariges word nie in sitkamers en slaapkamers groot nie, maw hy kon buite gewees het sonder enige duistere of onwettige motiewe. Miskien net ‘n rookbreuk geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.