Seun (16) deur 4 aanvallers op plaas oorval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Tienerseun is Vrydagaand op ʼn plaas in die Modimolle-gebied in Limpopo deur vier aanvallers oorval wat hom vermoedelik buite die huis in die tuin ingewag het.

Ben Engelbrecht, direkteur van Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media gesê die seun het omstreeks 18:00 uit die huis gegaan om iets buite in die tuin te doen. Daar het vier mans, van wie twee gewapen was, hom oorval.

“Hulle het die seun oorrompel en probeer vasmaak. Hy het geskree en iemand het hom te hulp gesnel. Die aanvallers het gevlug voordat hulle die seun heeltemal kon vasbind,” het Engelbrecht gesê. Die aanvallers het te voet gevlug tot by die teerpad voor die plaas waar ʼn voertuig hulle opgelaai het.

“Ek dink hulle het gevlug, want dit was onverwags toe die mense uit die huis gehardloop kom. Ek vermoed hul aanvalsplan het bietjie skeefgeloop.” Engelbrecht het gesê die seun is ongedeerd.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens sy inligting is die seun 16 jaar oud.

Die provinsiale polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie en daar word gewag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Spyker ·

Tien teen een was dit n ongemerkte polisiekar (regering)wat hulle opgetel het . mooi so mense wat dit stop gesit het.noudat julle “gewaarsku”is ,wees gereed en beskerm julle self……jy weet mos waarvan ek praat.

johnny_walker ·

nee wat spyker jy weet mos afrikaners deesdae weet nie wat ons van praat nie , jy sal dit moet uitspel in groot letters en hulle hard agter die kop klap , en selfs dit waarborg ek jou sal nie werk nie

Joey ·

Ai ek weet dit is moeilik en bitter onregverdig, maar ons inwoners op plase sal moet begin misdaadbewus raak. Dankbaar die seun is ongedeerd. Die emosionele letsel sal egter afgedruk wees. Sterkte aan die jongman en familie.

Cornelius du Rand ·

As die sondebok wit is word die ras genoem. As die klaer wit is word niemand se ras genoem nie. Suid Afrika se dubbele standaarde wil my laat kots

Jakob ·

Ag nonsens man! Gaan copy die link waar MM ‘n ras genoem het. Jy’s vies vir ‘n ras nou blameer jy dit op die media sodat dit by jou voorafgestelde ideologie kan pas. Maak my woedend!

Marisa ·

Jakob, waarom Cornelius du Randt verbaal aanval? Hy het nie gesê MM noem nooit die ras nie – hy het dit in die algemeen bedoel. Sien jy MM se naam genoem in sy opmerking? Ons is almal kwaad oor daardie selfde ding waaroor Cornelius praat.

Cornelia ·

Dis skrikwekkend dat mens se kinders nie eens veilig is buite nie. Net jammer die mense van hpg gee nie die feite en regte gebeurtenis deur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.