Seun (16) getuig oor afrigter: ‘Ek het gedink dit is die norm’

Parktown Boys’ High School. Foto: Via Facebook

Nog skokgetuienis het Donderdag aan die lig gekom gedurende die verhoor van Collan Rex, die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys High School, wat daarvan beskuldig word dat hy leerders by die skool talle kere seksueel aangerand het.

Die 22-jarige Rex staan tereg op ʼn reeks aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, blootstelling van ʼn kind aan pornografie, seksuele gereedmaking en poging tot moord.

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het Donderdag ʼn 16-jarige seun na die getuiebank geroep in die hooggeregshof in Palm Ridge. Die seun het getuig hoe Rex tydens waterpolo-oefeninge aan hulle gevat het.

“In 2016, regdeur die seisoen, sou hy saam met ons in die swembad klim, aan ons geslagsdele vat, ons swembroeke aftrek en ons met handdoeke slaan,” het die seun gesê. Hy het aan die hof gesê hy het gedink dit is maar die norm by ʼn seunskool, maar hy het onraad vermoed oor Rex se gedrag toe die afrigter begin het om aan hulle te vat.

“Op die busse het die seniors en ouer seuns gewoonlik agter gesit. Hulle doen goed met die jonger graad 8-seuns. Ek onthou my vriend het later daardie dag by my gekla dat Rex sy vingers in sy anus gedruk het en ek het gedink dit is ongewoon.”

Nog ʼn 16-jarige seun het aan die hof gesê Rex het hom verskeie kere gewurg en dan moes hy aandui dat hy “opgee”. Hy het gesê die voorvalle het in 2016 gebeur, die jaar waarin hy ʼn leerder by Parktown Boys geword het. “Hy sou my rondstamp en my teen die muur stamp.”

William Robertse, vir die verdediging, het die skoolseun gevra of hy gedink het Rex sou hom doodmaak. “Nee, ek het nie gedink hy sou nie,” het die seun geantwoord.

Die tiener het gesê hy het nie Rex se gedrag by ʼn hoër gesag aangemeld nie, omdat hy dieselfde met ander seuns gedoen het.

Rex het skuld erken op 144 aanklagte van seksuele aanranding waarby 12 skoolseuns betrokke is.

Daar is 23 klaers tussen 14 en 16 jaar oud. Rex staan tereg op 327 aanklagte waarvan hy op die meeste onskuldig gepleit het.

Die verhoor duur vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

thelsa ·

Ek het ‘n awersie in enige Opvoeder wat op ENIGE manier leerders BULLY.
Dit word daagliks ondervind met die nasien van werkopdragte, toeste ens.
Weens die gesagsposie waarin die Opvoeder verkeer, kom hull met letterlik ‘moord’ weg en die leerders is te bang om te kla want dan word daar teen hulle gediskrimineer. Ervaar dit daaglike by Top Skool in Ooste van Pretroria.

Leeutjie ·

Ek as ouma het dieselfde probleem oor afbrekende gedrag van n onderwyser teenoor leerlinge ook by n topskool in die ooste van Pretoria…

Nettie ·

@Leeutjie – as Ouma, of daardie geboelie met een van jou kinders of kleinkinders gebeur of nie – is dit jou plig om, as jy jou saak kan bewys, by die owerhede aan te gee.

pieta ·

“Top-Skool”…nou ja toe. Die topskolle is eintlik nou die skurwe skole. Deel daarmee.

Willie ·

Ek wil ook noem, dat ek in geen hoedanigheid in vandag se tyd, n Opvoeder wil wees nie… Die heug deesdae is in baie aspekte baie arrogant en het nie maniere nie…

Cherise ·

Ek stem 100% saam daar. Maar dit begin by die huis, as die Ouers nie ordentlike opvoeding toerig aan hul kinders nie is dit die swak gedrag wat verwag word. Dis nogal skokkend om te sit en kyk na vandag se jeug, slaan mens se asem weg!

Patat ·

Drie van julle kla oor ‘n skool in die Ooste van Pretoria.
Dink julle nie dis te toevallig nie? Meld dit aan voordat dit
te laat is, jul kinders is belangrik. Ek is seker daar is meer ouers wat
hieroor kan getuig.

Santie ·

‘n Onderwyser kan ‘n kind maak of breek – dis waar. En as daar onreëlmatighede is, moét dit aangemeld en gestraf word. Maar deesdae is dit hél om ‘n Onderwyser te wees. Kinders het al die regte en Onderwysers het niks. Hulle word nie gerespekteer nie, en word tot die uiterste getart en beproef deur die belhamels wat die klas ontwrig. Hulle bly net net omdat hulle die geld nodig het. Feitlik almal sal die Onderwys los vir ‘n Admin pos as hulle dit net kan kry.

Elvira ·

Sluit daardie sielsiek vark toe en gooi die sleutel weg. Hy mag nooit weer uit die tronk uitkom nie. Sterkte aan al die seuns en dankie dat julle so braaf is om teen hom op te staan.

Anton ·

Sluit daardie ding toe in die kas waaruit hy “uitgekom” het! Siek gedrog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.