Seun (16) hoor lot ná moord op bekende boekwinkeleienaar

Johann Ramage. Foto: Facebook

ʼn Sestienjarige seun is in die rondgaande hof in Bethlehem gevonnis vir die wrede moord op Johann Ramage (77), die geliefde eienaar van ʼn boekwinkel in Kestell in die Vrystaat, in Januarie vanjaar.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die seun vir vier jaar na die Thabo Mofutsanyana‑veiligheidsorgsentrum gestuur sal word.

“Hy het ook vier jaar tronkstraf gekry waarvan drie jaar opgeskort is. Dit sal uitgedien word wanneer hy uit die sentrum ontslaan word,” het Mophiring gesê.

Maroela Media het vroeër berig vier verdagtes is aanvanklik in verband met die moord in hegtenis geneem. Mophiring het aan Maroela Media bevestig dat een verdagte (15) gedurende die ondersoek vrygelaat is omdat hy nie direk aan die moord verbind kon word nie.

Tsietsi Motaung (47) en Mojalefa Selepe (20) is op 6 September in die rondgaande hof in Bethlehem gevonnis vir die moord asook huisbraak. Motaung het 20 jaar vir huisbraak en lewenslank vir die moord gekry.Selepe het 15 jaar vir die rooftog en lewenslank vir die moord gekry.

Ramage, eienaar van die Retief-boekwinkel, se liggaam is met verskeie steekwonde en ʼn wond aan sy kop op die vloer van sy huis gevind. Gemeenskapslede het onraad bemerk toe hy nie dié oggend op sy pos was om koerant te verkoop nie.

Hulle het na hom begin soek en gesien ʼn venster is by sy huis oopgedwing waarna hulle hom  dood gevind het. Ramage het alleen gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tragies ·

so word blankes vermoor en die moordenaar SEUNS met die minimum straf die wereld ingestuur .. volgende keer doen hy dit weer, want hierdie straf gaan hom beslis nie afsit van nog ‘n wrede daad nie .. die regstelsel in SA is om van te LAG.

Jannie ·

Wat is die “seun” se naam? As hy oud genoeg is om ‘n kriminele rekord te hê en oud genoeg is om te moor, is hy oud genoeg om geïdentifiseer te word, ter wille van gemeenskaps-veiligheid!!!

AW ·

The Child Justice Act, (Act No 75 of 2008) creates a new separate criminal justice system for children in conflict with the law.

clipper ·

dit is belaglik dat die moordenaar nie lewenslank sit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.