Seun (16) wat in see verdwyn steeds soek

IPSS Medical Rescue word bygestaan deur die plaaslike owerheid se ek-en-reddingsafdeling. Foto: IPSS Medical Rescue

Die soektog na die vermiste 16-jarige seun wat Maandag laatmiddag by die Blythedale-strand aan die KwaZulu-Natalse Noordkus in die see verdwyn het, is Woensdag voortgesit.

Paul Herbst, van IPSS Medical Rescue, het Woensdagoggend aan Maroela Media bevestig die soektog duur voort, maar dat slegte weerstoestande en rowwe seestoestande dit onmoontlik gemaak het om tot dusver enige bote uit te stuur.

“ʼn Soektog op die grond van die noordelike en suidelike kant van die strand is van stapel gestuur en daar word ook van ʼn hommeltuig gebruik gemaak in ʼn lugsoektog, maar alle resultate was sover negatief,” het Herbst gesê.

Herbst het gesê die soektog sal deur die loop van die dag voortgesit word afhangend van die weerstoestande.

Maroela Media het vroeër berig Herbst het gesê die seun het Maandag omstreeks 17:00 in die see by die Blythedale-strand geswem toe hy blykbaar in die moeilikheid beland het.

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, het gesien hoe die leerder van die woonbuurt Gledhow by Stanger, sowat 5 km van die kus af, see-in getrek word. Die beampte het IPSS sowel as die plaaslike brand-en-reddingsdiens in kennis gestel.

IPSS se waterreddingsafdeling en lewensredders van die KwaDukuza-munisipaliteit het onmiddellik met ʼn uitgebreide soektog begin.

Die polisie het bevestig die soektog word Woensdag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.