Seun (17) in hof ná gru-moord op ouers

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun het Maandag in die Pampierstad-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn in verband met die moord op sy ouers.

Die saak is tot 7 September uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, is die liggame van ʼn egpaar Donderdag in ʼn veld in Pampierstad gevind. Daar was verskeie wonde aan die liggame en volgens Mooi word daar vermoed dat hulle met ʼn voertuig in die veld gesleep is.

Voorlopige ondersoek het die polisie na die egpaar se seun gelei en hy is dieselfde dag in verband met hul dood in hegtenis geneem. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie en die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.

Ingevolge die Kinderwet mag die minderjarige seun se identiteit nie bekend gemaak word nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Myburgh by 082 495 4584 te nader. “Alle inligting sal as streng vertroulik gehanteer word,” het Mooi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

madels ·

Ek is jammer maar as jy genoeg ‘valwassendheid” in jou het om iemand so gruwelik te vermoor dan sien ek nie so iemand as minderjarige nie. Ek wens hierdie land wil die wet verander dat n persoon bo 13 nie meer minderjarig is in vandag se tyd nie. Daar is n walglike moorde gepleeg deur “minderjariges” wat presies geweet het wat hulle doen want hulle het selfs die moorde beplan.. Sulke “minderjariges” moet dieselfde straf as enige “volwasse” persoon kry

madels ·

Sterkte met die familie en vriende wat hul geliefdes op so verskriklike manier verloor het

Suzette ·

Nog so jonk en klaar ‘n moordenaar. Nou kry hy seker ‘n ligter vonnis omdat hy “minderjarig” is…. kom uit die tronk uit en doen dit weer….

Tienie ·

Hopelik sloer hulle ook met die saak dan kan hy n volle vonnis kry.

Is dit nie wat met Don Steenkamp gebeur het nie??

Trek maar van sy tjomme nader. Hulle het hom heel moontlik n handjie bygesit!!

Oujongvrou ·

Bybels tyd was daar sodom en gemorra. Ons weet wat het toe gebeur. Hierdie land is so boos en goddeloosheid seëvier. Duiwelse dinge raak al erger en erger. God slaap nie en Hy gaan plan maak met hierdie land.

Anel ·

Kan net nie verstaan hoe kan moordenaars en verkragters op borg aanspraak maak nie. Wat van hul slagoffers? Hulle kon nie eers op hul reg om te lewe aanspraak maak nie.

Alet ·

Dit raak nou so alledaags dis nie eens meer skokkend nie….Dis regtig n baie siek samelewing waarin ons nou in hierdie land woon.

PETRO ·

Mense wat so hard en ongenaakbaar oordeel! Niemand ken die storie agter die storie nie! Ek kan my net voorstel hoe desperaat n kind se gemoeds toestand moet wees wat tot so dratiese stap sal oorgaan! Mense het nie die reg om te oordeel nie! God alleen mag oordeel!

Melanie ·

Om dit aan jou ma en pa te doen wat jou jare met liefde toegevou en versorg het, is inderdaad grusaam en dan word jy aanskou as minderjarige met jou eie lot voordele.. Ag nee wat, as jy moord kan begin by jou ouers op daai ouderdom, gaan dit veel erger word as hy ouer is en wie weet wat hy dan gaan aanvang. Straf hom soos n volwasse

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.