Seun (17) kritiek ná trein hom tref

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun van Mayfair in Johannesburg is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy deur ʼn trein getref is.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo by die Mayfair-treinstasie plaasgevind.

Volgens Siddall het nooddienste omstreeks 14:00 by die toneel aangekom waar ʼn plaaslike dokter reeds besig was om die seun te ondersoek.

ER24-paramedici het die seun gestabiliseer en hom na die Helen Joseph-hospitaal vervoer vir dringende mediese sorg.

Die presiese gebeure rondom die voorval is nie bekend nie. Volgens gerugte op sosiale media het die seun saam met ʼn groep ander seuns naby die stasie gespeel.

Die polisie het ʼn ondersoek na die voorval begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zoom zoom ·

Die spreukwoord lees Moet nie op die Treinspoor speel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.