Seun (17) met mes vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige skoolseun is met ʼn mes doodgesteek in Lethabong naby Rustenburg in Noordwes.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun is Dinsdag met ’n mes gesteek en later in ʼn hospitaal oorlede. Volgens Moleko is die polisie na ʼn straat in Lethabong ontbied nadat inwoners gekla het oor rusverstoring deur ʼn groep mense.

“Met die polisie se aankoms op die toneel was daar ʼn man wat in sy kuit gesteek is. Hy het die polisie meegedeel dat nog ʼn slagoffer gesteek is en na ʼn kliniek geneem is vir behandeling.”

Volgens Moleko het die beamptes ʼn 18-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy is van moord aangekla en sal na verwagting Donderdag in die Bafokeng-landdroshof verskyn. Volgens Moleko is daar nog nie vasgestel of die voorval met bendegeweld verband hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.