Seun (17) sterf toe motorfiets, bus bots

Die ongelukstoneel. Foto: EMPD

ʼn Tienerseun is dood toe hy by ʼn verkeersaansluiting in Brakpan met sy motorfiets teen ʼn bus gebots het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het Maandag gesê die ongeluk het Woensdag omstreeks 08:00 by die hoek van Stasie- en Hastingsstraat plaasgevind.

“Volgens die 58-jarige busbestuurder wou hy in Hastingsstraat indraai toe hy skielik gesien het hoe die motorfiets teen ʼn hoë spoed aangery kom. Hy het na bewering remme aangeslaan om die bus tot stilstand te bring, maar die motorfiets het reg van voor teen die bus gebots,” het Kgasago gesê.

Paramedici is onmiddellik na die toneel ontbied en het probeer om die 17-jarige motorfietsryer weer by te bring, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die busbestuurder is na die Life Dalview-kliniek geneem waar hy vir skok behandel is.

“Die EMPD het op die motorfiets en die bus beslag gelê as deel van hul ondersoek,” het Kgasago gesê. “Sake van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur is by die Brakpan-polisiestasie aanhangig gemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francis ·

mense neem motorfietsryers nie in ag nie !sterkte vir sy ouers en fam

MissDemeanor ·

Mens sien hul ooknie altyd aankom nie en soms is hul regtigwaar waaghalsig. Dis jammer dat die jongman oorlede is.

Boerseun ·

En drywers van die meeste van die soort busse moet sigometriese toetse ondergaan, soos die 80 agter op die bus beteken mos jy moet meer as 80 ry

Wolfleader ·

“Mens sien hul ook nie altyd aankom nie” ja ek stem saam, as jou aandag nie op die pad en verkeer om jou is nie, as jou aandag by jou cell foon of pasangers is dan gaan jy “hul ook nie altyd sien aankom nie”

Andrea ·

Nee, Wolfleader, jy sien hul nie raak nie, want hul vleg deur die verkeer en gedra hul soos motorryers net wanneer dit hulle pas.

Samlg ·

Rus in vrede mederyer. Dis ironies hoe vinnig on “bikers” onder een kam geskeer word. Wat mense nie besef nie is dat ons is OOK mense… Van vlees en bloed met n passie. Ek is n mamma van 2, iemand se vrou, n dogter en vriendin. Die oomblik as ek my helmet opsit word ek n “Blerrie Biker”. Die skim, min wetend word ek trakteer op my passie. Dis nie altyd ONS skuld nie. Die oomblik wat jy jou motorfiets aansluit moet jy vir al die idiote om jou dink. Die motoriste wat aspris voor jou probeer inry, of op n selfone ry en tik of bane wissels sonder om behoorlik te kyk. Ons het net soveel reg om n pad te gebruik soos jy in jou kar. Hierdie ouers het hul kind verloor maar dis makliker om bikers te blameer. Sterkte aan die ouers. Helmets na bo vir die jong ryer. Ride the Golden Highway

Anthony ·

Neers is hulle verpligtend te wereld. Hoe op nonsense praat.

JR ·

Ek het kind verloor in ongeluk met motor wat oor stopstraat gery het. Ek het nog nooit gal gebraak oor motorriste nie. Ek dare elke sot hierbo. Ry werk toe of for all that matter enige draai of huistoe in middag en tel uit tien hoeveel motoriste is op fone. Ry self nog my fiets. Ses tot sewe uit tien is op fone. En hulle konsentreer op bestuur!!! As jy voor my in “dwaal” tydens jou lekker selfoon chat gaan jou spieel waai. Dis ma al hoe ons onsself sigbaar kan maak. Groetnis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.