Seun (17) sterf tydens skooluitstappie

Stefan Marais (17). Foto: Facebook.

Die liggaam van die tiener wat Vrydagmiddag in die Goukourivier by Stilbaai vermis geraak het, is gevind.

Stefan Marais (17) se liggaam is net na 13:00 uit ʼn helikopter gewaar.

Die ma van een van die seuns wat sedert gr. 8 saam met Stefan op skool was, het aan Maroela Media gesê haar seun sowel as die ander leerders is geskok oor dié nuus.

“Hy speel al vyf, ses jaar saam met my seun rugby. Stefan se pa het hulle span ook afgerig vir twee jaar, dis regtig baie sleg.”

Stefan was ʼn gr. 11 leerder aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal.

Die ma het vertel dat die gr. 11-leerlingraad saam met die matriekleerlingraad en die nuwe gr. 8’s op ʼn spanbou-uitstappie was toe die voorval plaasgevind het.

Sy vertel  toe die leerders op Riversdal kom ná die uitstappie en na foto’s begin kyk het hulle besef Stefan is nie by hulle nie.

“Hulle het teruggery omdat hulle gedink het hulle het hom per ongeluk vergeet.”

Maroela Media het vroeër berig die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê hul span in Stilbaai is Vrydag omstreeks 17:00 in kennis gestel omtrent die seun wat vermis geraak het in die Goukourivier sowat 800 m van die riviermond.

Stefan se pa is vanoggend glo teen 05:00 al uit op ʼn boot om na sy seun te gaan soek.

“Hy was regtig ʼn begaafde seun, hy was goed in rugby en ander sportsoorte. Hy was slim en het op sy stil manier diep spore in almal se harte getrap. Ons almal is baie hartseer,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

snoefie ·

rus in vrede Stefan. innigsre simpatie aan die ouers, fam, vriende en geliefdes

Jack ·

Daar was oorgenoeg toesig deur die onderwysers gehou. Al het hulle op die bus agtergekom, sou dit in elkgeval te laat wees.

Petro ·

RIP Stefan. Mag Liewe Jesus jou ouers, familie, vriende, onderwysers vertroos in hierdie moeilike tyd. Ons weet jy was deel van die beste skool. Wat ook al gebeur het dit was nie ons wil. Ek was vir 5 jaar deel van die Oakdale familie en sal altyd wees. Nie een dag het ek getwyfel in my kind se veiligheid.

Heila ·

R.I.V. Stefan. Baie sterkte aan sy ouers, familie en vriende

Mariaan ·

Ek bly in Stilbaai en het self die reaksie met Stefan se verdrinking ervaar. Ons hele dorp het saamgestaan en te voet en per boot van Vrydag REGDEUR gesoek tot hy Saterdag gevind is. Ons as gemeenskap het gewys wat beteken liefde vir mekaar, omgee vir jou naaste al het ons hom nie geken nie. ALMAL wat vingerwys moet bid hulle kom nie in so n situasie nie. Daar is nie sprake van nalatigheid nie. Dit het by die riviermond wat inloop see toe, gebeur en seestrome is die grootste faktor. Hou dus op vingerwys! RIV STEFAN

Lizette ·

Sterkte aan sy ouers en vriende in hierdie verskriklike Tyd asook aan Elke kind en onderwyser in die skool! Ek is ook n TROTSE Oakdale mama. My seuns het ook skoolgegaan by Oakdale en Hulle gemaak die pragtige mans Wat Hulle Nou is. HOU op Klippe gooi en fokus op die Familie en Kinders Wat deur die vreeslike te Tyd van hul lewens Gaan!

Malan ·

Ja dit is n tragedie wat voorkom kom gewees het met die regte verantwoordelikheid.Sterkte aan die ouers familie en vriende.

Hedwig ·

Fokus op die kind wat gesterf het.Fokus op die ouers wat n kind verloor het.

anonieme onderwyser ·

baie tragies

wens hul wil skooltoere en skooluitstappies finaal tot n einde bring.
ek praat as n onderwyser self.

dis n enorme groot, ongevraagde en blatante onnodige risiko. en verantwoordelikheid. die nadele weeg baie sterker as die voordele in die opsig

Anna-Maré ·

So jammer om van die tragedie te lees. So n uitstappie verg baie dissipline en toesig. Groot verantwoordelikheid rus op die organiseerders se skouers. Eks nie seker wa gebeur het nie en niks gaan die leerder terugbring nie. God gee en neem.
Ek voel net om om met kinders in mond te wees is uieters gevaarlik. Headcounts bitter noodsaaklik. Duur en hartseer les vir ons almal. Dalk moet leerders twee twee aan mekaar verantwoording doen sodat niemand agter gelaat word nie. Rus in vrede seun en baie sterkte aan jou Ma, Pa en gesin. So hartseer. Net God kan regtig vertroos..

Genieve ·

Dis vandag n baie hartseer by Oakdale landbou skool..my hart is ook netso seer want dit kon my kind ook gewees het..sterkte vir almal RIP Stefan.

Hans ·

Ek moet sê ek vind dit baie intressant dat die skool en onderwysers nou so beskerm word en dit net as n blote blote foutjie uitgemaak word. Voorheen is daar geeis dat sulke pleke toe maak en omhein word ens, en tog ook weereens die wat moes toesighou is vrygespreek oor die tragedie wat nou daar heers en moet ons nou dink aan die kind en die se familie wat ly. Ek het destyds al gesê ek is nie ongevoloelig teenoor die wat iemand verloor het nie. Wat ek net graag wil weet as so iets gebeur dan is dit net n tragedie en kla, wat van al die ander goed wat plaasvind, ongelukke, ens dan word die wat nie eens die ongeluk veroorsaak het nie uitgehaal soos metro polisie wat nie hul werk doen om onpadwaardige voertuie van die pad te haal nie ens. Ja noem my maar devels advocate, tog wonder ek net. Ons as mens verdraai als sodat dit ons pas en ons dit wil he, sonder om konsekwent te wees oor als.

verantwoordelikheid ·

nog steeds word parade gehou of merk die naamlys af, hoeveel busse daar ookal was….. dis tragies wat gebeur het

Knerstande ·

Ek het knerstande vandag, ongelukke gebeur. Ek hoop hierdie ouers vind vrede, hul ken die hele storie en voorbereiding en ek dink ons moet mooi dink oor hoe ons komentaar lewer, dit maak seer. Verder is skool uitstappies van uiterste belang vir ontwikkeling, meet die getal kinders wat op uitstappies gaan en al die uitstappies wat suksesvol afloop teen die ongelukke, dan sal jul sien dit is enkele gevalle. Ek dink ook hierdie jong man was op sy gelukkigste voor die ongeluk gebeur het en hoe hartseer ookal, eerder so as op enige ander manier, geliefd en suksesvol, voluit geleef en besig met ‘n goeie daad…….

Gesiggie ·

Elke keer as ek na so n berig kyk… dan sluk ek swaar aan die knop in my keel..en besef… hoe kan die afskeid so finaal wees, net gister het die ouers dalk gegroet… geniet jou uitstappie seun en dan gebeur so iets?? Ouers koester jul kinders, wees Lief vir hul, sorg dat daar nie verwyte sal wees… groet met Liefde elke keer as hul meskien soos die seun net op n uitstappie gaan, of al gaan hul net by n maaitjie kuier, dit kon jou laaste groet wees.. My innige meegevoel aan die ouers van Stefan… mag Jesus jul dra deur die Hartseer tyd.. ongelukke gebeur… maar om dit te verstaan is nie maklik”’RIP Stefan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.