Seun (17) val na sy dood in natuurreservaat

 

Foto: Facebook via Immediate Medical.

ʼn 17-jarige seun is Woensdag dood toe hy in die Helderberg Nattuurreservaat naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap geval het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Woensdagmiddag plaasgevind.

“Vier tieners, almal 17 jaar oud, het in die reservaat gaan stap,” het Van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk het die tieners omstreeks 12:00 die piek van die berg bereik en besluit om terug te draai omdat hulle nie meer water by hulle gehad het nie. Toe hulle op pad terug was, het een van die tieners amper geval en vir die res van die groep gesê om versigtig te wees omdat die paadjie glad is.

“Een van die tieners het toe gegly en geval. Hy is op die toneel dood,” het Van Wyk gesê.

Immediate Medical-nooddienste het op hul Facebook-blad gesê hulle het ʼn oproep ontvang dat ʼn persoon van ʼn hoogte geval het in die reservaat. Volgens die nooddiens was daar verskeie ambulansdienste op die toneel. “Alles moontlik is gedoen om die beseerde seun se lewe te red, maar hy het ongelukkig aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

not in wonderland ·

Ek kan nie die logika daarin sien om te klim of te loop waar die moontlikheid bestaan waar mens binne sekondes jou lewe kan verloor nie.

Koos1 ·

Jy nie, maar ander wel.
Net soos 2 persone in ‘n kryt klim en begin slaan, ek verstaan dit nie maar ander wel. Net soos 15 ouens hardloop en skop met ‘n bal, sommige verstaan dit ander nie.
not in wonderland, wat vir jou nie logies is nie maak vir ander 100% sin.
Baie sterkte aan die naasbestaandes!

Koos ·

Soos in die pad stap of in jou voertuig ry? Selfde beginsel – jy kan enige oomblik jou lewe verloor. As hierdie mense gestap het waar dit verbode was in die reservaat is dit ‘n ander storie. Om te stap is darem nie in die reël so gevaarlik soos abseil of vlerksweef nie.

Elle ·

Koos 1 en Koos,
Jy of (julle) klink na diep siele.
Meestal waarheid gepraat daar.

Elle ·

Koos 1 en Koos,
Jy (of julle) klink na diep siele.
Meestal waarheid gepraat daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.