Seun (17) val ooms met byl aan; pa skiet hom

Argieffoto

Argieffoto

‘n 17-jarige seun het in die Mkobola-landdroshof in Kwaggafontein in Mpumalanga verskyn nadat hy glo sy twee ooms met ‘n byl aangeval het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die seun se saak is tot 25 Augustus uitgestel. Hy bly in aanhouding. Hy staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord.

Mohlala sê die voorval het vroeg Sondagoggend plaasgevind. “Hy is na die kamer waar sy twee ooms geslaap het waarna hy hulle met ‘n byl aangeval het.”

Mohlala sê die twee mans het ernstige kopbeserings opgedoen.

Die seun se pa het ‘n geraas gehoor en gaan ondersoek instel. Hy het die seun probeer kalmeer maar sonder sukses. Die pa het sy seun in die been geskiet in ‘n poging om hom te probeer keer.

Mohlala sê ‘n saak van poging tot moord word teen die pa ondersoek.

Volgens Mohlala is die polisie ook Saterdag na die huis ontbied nadat die seun vyandig opgetree het. Die familie het aan die polisie gesê hulle vermoed die seun is verstandelik onstabiel.

Die ooms het aan die polisie gesê dat hulle die volgende dag tradisionele hulp vir die seun sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronel ·

Pa word dalk ook aangekla? Watse snert is dit tog ek meen hyt probeer help hyt tog nie die kind dood geskiet nie…Net in ons land urg

Ben ·

“Die ooms het aan die polisie gesê dat hulle die volgende dag tradisionele hulp vir die seun sal kry.”

Dis van al die tradisionele hulp dat die mense reeds so moordadig is…

"Huh!" ·

Di’s eksklusief in SA… Kla ‘n man aan vir moord as hy ‘n moord of twee voorkom het.

Ek wil amper sê di’s tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.