Die 17-jarige wat glo sy pa vermoor het oor ʼn perdesaal, het Vrydag vlugtig in die Elliotdale-landdroshof verskyn.
Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun is nie gevra om te pleit nie, maar het aangedui dat hy vir regshulp sal aansoek doen.
Die saak is tot 23 Augustus uitgestel om geleentheid te bied vir die regshulpproses om gefinaliseer te word.
Maroela Media het vroeër berig die voorval het Woensdag by die gesin se huis in die Cwebe-nedersetting, suid van Mthatha, gebeur.
Volgens Manatha het die 35-jarige pa omstreeks 12:00 sy perd se saal in die seun se kamer neergesit. Die seun wou nie gehad het die saal moet in sy kamer gestoor word nie en ʼn woordewisseling het ontstaan. Tydens die rusie het die seun sy pa na bewering met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek.
“Die pa is na die Madwaleni-hospitaal gehaas waar hy gesterf het,” het Manatha gesê.
Die seun mag nie geïdentifiseer word nie aangesien hy minderjarig is.
Al is hy minderjarig, het hy darem ook n sê gehad. Ek dink nie dit was die eerste wat die pa dit gedoen het nie. Ek het ook so n pa gehad wat jou getart het dat jou tot raserny kon dryf. Maar dis nie n rede om die pa te lyf te gaan nie… Sterkte seun
Jy is onaangenaam.