Seun (2) tydens kapingspoging in Pta in kop geskiet

Die seun is met 'n helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem. Foto: Verksaf

Die seun is met ‘n helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem. Foto: Verksaf

ʼn Tweejarige seun is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Saterdag, kort voor middernag, tydens ʼn vermeende kapingspoging in Olievenhoutbosch in Centurion in die kop geskiet is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit het omstreeks 22:50 gebeur.

“Volgens inligting van die toneel, is die kind tydens ʼn mislukte kapingspoging in sy kop geskiet. Die ma het aangehou ry en gestop toe sy ʼn ambulans langs die pad sien staan,” het Botha gesê.

Paramedici van verskeie nooddienste het hard gewerk om die seun te stabiliseer. Hy is met ʼn helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Sy toestand was nie Sondagoggend dadelik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Gert ·

So hartseer. Ek hoop die skuldiges word gou vasgetrek. Die Here seën met die seuntjie en sy Ouers.

ada ·

Dit is verskriklik die arme seuntjie en ma. Dink aan julle. Mag die vuilgoed aangekeer word.

Sus ·

Here maak asb ons mooi land skoon en verdelg al hierdie misdadigers!

Eben Kitching ·

Hoop en bid die kind word gespaar en ons dink en bid vir die ouers en familie.

Dit is net tragies dat ons in so land moet leef waar die moordenaars en kriminele meer reg het as onskuldige burgers en waar die regering min om gee oor sekere segmente van die burgers en uit hul pad gaan om ander te help bloot op grond van hul velkleur.

karin geyser ·

Eben en hoe weet jy wat die kind se ras is, daar is in geen berig insake die aangeleentheid enige verwysing na ras of kleur nie
Is dit regtig nodig om binne die eerste twee dae van 2017 die rassepot te begin roer

Cherokee ·

So? Hoe weet jy of sy nie dalk ‘n onafhanklike enkelouer is en of daar ‘n ander rede daarvoor was nie? Hierdie is nie ‘n moslemland waar vrouens ingeperk word nie (selfs al is dit vir eie veiligheid). Vrouens is nie mans se sleepwaentjies nie maar doen hul eie ding.

Cherokee ·

Maar ek verstaan ook waarop jy dui. Vrouens en kinders moet onder vlerke gehou word.

Cherokee ·

Twee Wern, ek het twee dogters. Albei onafhanklik en eiendoms sowel as besigheidseienaars.

Jaco ·

Eben.

Nie nou tyd vir jou rasistieae opmerkings ni. Dit is n kind. Wit swart groen of pienk. Hy verdien nie wat gebeur het ni.

Vir die gesin

Ons bid God se liefde,seen,krag en genade oor jul. Sterkte en ek ( wat n seun van 14maande het) en my gesin dink aan jul.

celia ·

Eben- ek stem saam met jou- jy is heeltemal reg.
Ons bid vir die kindjie en sy mamma- kan dink waardeur sy gaan.

Dan ·

Jaco, Eben het geen rassistiese kommentaar gepubliseer nie. Jy is te sensitief en polities korrek. Daarom sit ons in die situasie waarin ons verkeer. Die blankes word met minagting bejeën weens hul passiwiteit en “politieke korrektheid”, waarvan jy ‘n sprekende voorbeeld is.

Annie ·

Hartseer .. sterkte ons dink aan julle. Waar gaan ons eens wonderlike land heen … ek is al so moeg vir die feit dat kriminele beskerming geniet met ons belasting geld en meer reg het as die gehoorsames wat hulself probeer beskerm

Johann ·

Om so op die nugter maag van 2017 reeds sulke nare nuus te ontvang is alles behalwe aangenaam, sterkte ons in Suid-Afrika bly net op ons knieë vir al die onnodige lewens verliese

Hannetjie ·

Wat de josie en hoekom sy alleen is met kaping te doen….Johan kry n lewe ou. ..kom ons bid dat daai kindjie OK sal wees en volkome herstel. ..groot druk vir die mamma x

zoom zoom ·

Ek vermy daai pad al is dit sonskyn wat nog om daai tyd van die aand vrou alleen met n kind te wil ry.

Joha ·

Sulke dinge hoef nie te gebeur nie Ons moet wakker word!!!!!!

Danie ·

Ons sal moet `n gesamentlike biddag hou sadat ons die wereld se aandag kan kry. Hierdie rassistiese regime en al sy volgelinge voel vere vir minderheidsgroepe. Ons het politieke mag, wat jou hele selfbeskikking waarborg, verloor en is so erg gebrandmerk uit haat dat ons nie alleen enige merkwaardige verandering kan maak, sonder geweld nie. Dit is die enigste kort termyn oplossing. Enige lang termyn oplossing gaan onhertstelbare skade aan ons bestaan veroorsaak.

Cherokee ·

Kry jul paspoorte reg en emigreer na Durban – finnish en klaar. Dan stig ons ‘n boerestaat hier!

Jan ·

Jaco

Jy moet wakker skrik,dit is die wat in die land gebeur.Wag tot dit met jou gebeur Dan sal jy n ander deuntjie sing.

Jaco ·

Jan was dit n wit seun?

Iemand van Maroela.
Weet jul van die aner persoon wat ook geskiet is

Theresa ·

Dis darem maar verskriklik hartseer. Ek het gehoor hy is vanoggend oorlede. Baie sterkte aan die ouers. :(

Hannah ·

John, dis Oujaar/Nuwejaar, orals word verkondig kry ‘n toegewysde bestuurder. Her jy in jou alwetendheid gedink die moeder was slegs die bestuurder en dat die pa dalk in die passasierditpkek was? Het jy ook gelees dat in ‘n ander siet voorval in die omgewing ‘n man in sy nek en rug geskiet is? Jou onsensetiewe kommentaar is vervoeilik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.