Seun (26) in ouerhuis doodgeskiet

Argieffoto

Hansie Botha, ʼn jong man van Sasolburg in die Vrystaat, is Woensdag in die vroeë oggendure in sy ouerhuis doodgeskiet.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 02:45 plaasgevind.

“Die vrou [Botha se ma], haar gesin en honde het geslaap toe sy die honde hoor blaf het in haar slaapkamer. Sy het wakker geword en twee mans in haar kamer gesien. Haar honde het hulle aangeval,” het Rani gesê.

Die aanvallers het volgens Rani ʼn skoot in die rigting van die honde afgevuur en haar seun het wakker geword en gaan ondersoek instel.

“Die verdagtes het hom doodgeskiet en te voet van die toneel gevlug,” het Rani gesê.

Niks is uit die huis gesteel nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lizelda ·

So nou word daar net ingebreek om dood te maak en hartseer te saai? Hoekom? Baie baie sterkte aan die familie en vriende.

Willie ·

Lewens in RSA beteken niks nie, moord op wittes beur voort… en Delema gaan aan oor wittes!

Skerpioen ·

Willie, ek sou eerder sê alle rasse in SA… kyk daai 2 veiligheidswagte en die outistiese seun? Nee jong NIEMAND se lewe in Suid-Afrika beteken iets nie. Dis so vreeslik sad…

Piet ·

Ek wend telkens ‘n nuttelose poging aan om antwoorde te kry by die wat se dat wit en swart mense word ewe veel vermoor, ek probeer egter maar weer; “se vir my hoeveel van hierdie aanvalle waar mense in hul huise oorval en vermoor word, is witmense wat swart mense aanval, of is die aanvallers altyd swart?”

Jacques ·

Ons lees elke dag van die soort goed wat in ons hool land gebeur , maar daar word nie n woord gerep van een minister of sy of haar woordvoerders nie . Ek wonder wat se sisulu van dit , is haar landsburgers nogsteeds wetsgehoorsaam . Baie sterkte aan die familie .
Dit is baie onnodig .

Carel ·

Dis tog so duidelik wat al lank hier aan die gang is. Dis hoogtyd dat georganiseerde teenakasie uitgevoer word. Altyd dieselfde ras wat aanval, altyd dieselfde ras wat vermoor word.

GM ·

Dit was so ‘n veilige plek gewees. Nou kan mens skaars verby die poskantoor loop, en daar sit iemand wat hulself spuit. ‘n Vrou is laasjaar, of die jaar voor dit, in Sasolburg verkrag en vermoor, en die tannie was BAIE oud gewees. ‘n Kennis van my pa, is so erg aangerand, hy is in ‘n koma gewees, en toe ‘n paar weke later oorlede. Dis die tipe goed wat ons tot ons wesens in geskok het, want dit is goed waarvan mens NOOIT gehoor het nie.
Mens kan nie meer in die groenstroke stap nie. Mens kan nie eers meer behoorlik op sommige paaie ry nie, so erg is die slaggate. Als is vuil. Jongmense staan en bedel om elke hoek en draai. Dit is glad nie meer ‘n dorpie om op trots te wees nie.

Sterkte aan die seun se naasbestaandes! Sy dood is so sinneloos. Mag geregtigheid geskied.

VanAfrika ·

Selfde ouderdom as my kind!!! Ek word net al hoe kwater.

RG ·

Die sg regering en die landswette beskerm ons as blankes glad nie, lankal nie meer nie. Enigste manier is om reg in eie hande te neem …

JB ·

Met ons ernstige misdaad geteisterde land, word alledaagse mense se lewens daagliks beinvloed deur misdadigers wat net weer en weer misdaad pleeg. Dit lyk of al oplossing tog die doodstraf sal wees. Ons tronke is vol en selfs tronkstraf is nie altyd n oplossing nie. Misdadigers sal altyd met ons wees maar n stabiele land met genoeg werksgeleenthede sal sekerlik help. N verotte kern gaan nie die land red nie. Word daar genoeg gedoen op skoolvlak om sosiale kwessies aan te spreek? Miskien moet politici hul energie beter kanaliseer in kwessies waar dit n verskil kan maak aan die toekoms voor daar geen toekoms gaan wees
.

Anoniem ·

RG die regering beskerm NIEMAND nie. Hoeveel onskuldige kinders word nie ook vermoor.

Elvira ·

Dit IS rassehaat. Ons kan nie meer n normale lewe in hierdie land geniet nie. Soooooooo siek vir hierdie papbroek regering.

Mel ·

Ek sien die artikel is gewysig vanaf gister van Bronkhorst na Botha.
3de paragraaf benodig ook wysiging.

Ai tog – dis vreeslik! En as dit in mens se eie tuisdorp gebeur – skok dit nog meer.
Sterkte vir die familie!

Tania Heyns ·

Dagsê Mel

Baie dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Piet ·

Schalk dis presies my vraag ook, dit word egter liewer geignoreer as geantwoord.

AW ·

Then the ANC invested SAPS minions and cronies, aiming to disarm South African Citizens, and Deny them their Constitutional Right to Self-defense…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.