Seun (3) sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seun is dood nadat ʼn brand Vrydagoggend by sy ouerhuis aan die Oos-Rand uitgebreek het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 08:45 na die huis in Elsburg in Germiston ontbied, waar die huis in ligte laaie gestaan het.

“Volgens inligting van die toneel was daar drie mense, die ma en haar twee kinders, in die huis toe die brand ontstaan het. Die ma en een van haar kinders kon betyds uit die huis kom en is vir rookinaseming behandel,” het Mathe gesê.

Brandbestryders van die Ekurhuleni-brandweer het die brand ná ʼn ruk in bedwang gebring.

“Nadat die brand geblus is, het brandbestryders en paramedici deur die huis gegaan en die liggaam van ʼn driejarige seun tussen die puin aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magaret Henderson ·

Die huis is 2 strate bokant my en dit was 1 van di slegste huisbrande wat ek as n ouma gesien het, Rus sag klein Shawny jyt jou Engel vlerkies verdien jyt as n klein ou hero na Jesus toe gegaan. My hart gaan uit na die Ouers en sy familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.