Seun (4) kritiek ná hy uit woonstel val

(Foto: Netcare 911)

ʼn Vierjarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy Donderdag van die vierde verdieping van ʼn woonstelgebou in Durban, KwaZulu-Natal, geval het.

Paramedici is omstreeks 13:40 na die woonstelgebou in Noordstrand ontbied.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die seuntjie uit ʼn woonstel op die vierde verdieping geval en die grond met sy kop eerste getref.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die seuntjie in ʼn kritieke toestand aangetref.”

Hy is op die toneel behandel en gestabiliseer voor hy met ʼn Netcare 911-lugambulans na ʼn hospitaal geneem is.

Die polisie ondersoek die voorval.

(Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zelda

Ai, dis hartseer….

AmY

Ai, dis bitter erg. Wat het gebeur? Was die kinders alleen by die huis gewees?
Hier waar ons bly, los die een ma (vakansietye) haar drie kinders die hele dag alleen by die huis. Nege in die oggend tot nege in die aand)
Die sussie van twaalf moet dan na haar twee klein sussies omsien.
Hulle raas geweldig baie, en ons hoor kort-kort hoe hulle teen die vensters stamp. Hulle bly op die derde vloer.
Dis ‘n absolute wonderwerk dat een van daai kinders nog nie deur ‘n venster geval het nie.

Jakes

Dit is baie tragies en onnodig dat sulke dinge gebeur. Was daar dan geen toesig van enige aard nie?

Gert K

Wanneer ‘n mens self kinders van daardie ouderdom het, dan ruk hierdie tipe berigte nogal ‘n ou.
Sterkte ou boeta, ons almal hoop jy word gesond!

Marina

Ai, ongelukke gebeur so vinnig veral met die goedjies op daai besige ouderdom. Enige iets kon skeef loop dit is nie noodwendig nalatigheid nie.