Seun (4) kritiek na struktuur ineenstort

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vierjarige seun van Durban is kritiek beseer toe hy onder die puin vasgekeer is nadat ʼn struktuur ineengestort het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval in ʼn informele nedersetting in Sea Cow Lake plaasgevind. Die seun was glo binne die struktuur, wat van klippe en draad gemaak is, toe dit ineengestort het.

Botha het gesê paramedici en die brandweer , wat na die toneel ontbied is, moes eers die draad knip en die klippe wegskuif om by die seun uit te kom. “Omstanders het van vreugde gegil toe hulle die seun onder die puin kon uithaal.”

Volgens Botha was die seun in ʼn kritieke toestand en is hy op die toneel behandel voordat hy na ʼn Durbanse hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. “Fantastiese spanwerk tussen die brandbestryders, paramedici en lede van die publiek het verseker dat die seuntjie veilig gered kon word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Xa ·

Ek is baie bly die kind is gered, hou duim vas dat die hospitaal mooi na hom gaan kyk.

Cherokee ·

….’veilig gered kon word’ maar hy is kritiek. Ons hoop die kind word kompleet genees.

Dirk ·

Ek hoop dat Maroela Media lesers op hoogte sal hou van die seuntjie se vordering.

charlene ·

Nie seker wie is die man in die rooi hemp nie maar ek dink dis moes verby erg gewees het vir die arme kind om daar onder te wees. Die sterk hand wat hy daar vas hou gee hoop en met daai hand in syne weet hy iemand is daar om hom te help. E is baie bly die kind is ok. En baie goeie werk aan almal wat gehelp het – al was dit net vir ondersteuning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.