Seun (4) val na sy dood

Rescue Care het die foto van die toneel op Twitter gelaai.

Rescue Care het die foto van die toneel op Twitter gelaai.

ʼn Vierjarige seun is dood nadat hy van ʼn woonstelblok in Durban, KwaZulu-Natal geval het.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die voorval het Donderdagoggend kort voor 09:00 by ʼn woonstelblok op die hoek van St. Andrewsstraat en Diakoniaweg naby Albertpark plaasgevind.

Mckenzie het gesê paramedici het die seuntjie probeer bybring maar is hy op die toneel dood verklaar. Volgens Rescue Care het die seuntjie agt verdiepings ver geval. Dit is nog nie duidelik of die seun deur ‘n venster of van ‘n balkon af geval het nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, dis VREESLIK!!!!! Ek kry eintlik hoendervleis soos ek dit lees. Ai, hulle is so woelig op daai ouderdom, een oomblik hier en die volgende daar. Sterkte aan die ouers!!!!

sproetjies ·

Eina dis erg. Wat ‘n hartseer en skok vir sy ouers. Die kleingoed is op daai ouderdom omtrent soos ‘n koekie seep in die bad. Jy moet hulle altyd onder oë hou. Sterkte aan die ouers met hulle groot verlies.

Leeutjie ·

Elkeen op sy eie miershoop. Ek is so dankbaar dat ek nie ‘n paramedikus is nie. Soveel trauma en in hierdie geval ‘n kleintjie. Nee wat, ek sal nie inpas nie. Te sensitief vir sulke dinge!

Alet ·

Sterkte aan die ouers maar genade jy los mos nie ‘n venster of balkon deur oop as die kleuter maar net 4 jaar oud is nie. Dit is dieselfde maar as met die kinders wat so verdrink.

Lindie ·

Ag hoe hartseer. My hart gaan uit na die ouers van die kleinding. Ek kan my nie indink hoe so iets my sou affekteer nie. Dit is verskriklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.