Seun (5) steeds in mynskag, weermag maak verslag bekend

Foto: @EMMInfo/Twitter

Foto: @EMMInfo/Twitter

Die Suid-Afrikaanse weermag (SANDF) gaan glo ʼn verslag aan die Ekurhuleni-munisipaliteit oorhandig oor die moontlikheid om reddingspogings voor te sit vir die vyfjarige seuntjie wat verlede maand in ʼn ou mynskag geval het.

Maroela Media het vroeër berig dat Richard Tole Saterdag 25 Februarie in die Jerusalem informele nedersetting in Boksburg in ʼn ou mynskag ingeval het. Die SANDF het verlede Donderdag opgedaag om met die reddingspogings te help.

Die reddingspoging moes egter vinnig gestaak word omdat die swaar reën in die gebied die grond te onstabiel gemaak het.

Foto: @EMMInfo/Twitter

Foto: @EMMInfo/Twitter

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê hulle vermoed die seuntjie het saam met maatjies gespeel toe hy in die skag beland het. Volgens Ntladi is die skag sedert 1950 nie meer in gebruik nie.

Ntladi het gesê die kanse dat die seuntjie lewend gevind kan word, is baie skraal. “Dit gaan nie net oor die feit dat hy nie kos en water gehad het nie, maar ook oor die val en die toestande daar onder.”

Dis ook uiters gevaarlik vir reddingswerkers weens moontlike modder- en rotsstortings. “Die suurstofvlakke daar onder is ook glad nie voldoende vir mense nie en daar is suur mynwater wat tot 140 m diep kan wees,” het Ntladi gesê.

Gugu Ndima, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaiteit, het gesê dat die weermag glo Woensdag die verslag sal bekendmaak rakende die volgende stappe wat beplan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

botterblommetjie ·

Die regering is verantwoordelik vir daardie gat….Hy was oop en ‘n gevaar… sy ouers moet vergoed word en die seun ter ruste neergele word…. soveel manholes ens. is onbedek, more val die persoon wat sy skouers optrek se kind of kleinkind in so gat…. en dan.,..

Janine ·

Manholes ens WORD gebruik, maar tipies van Afrika, gereeld gesteel. Ouers moet eerder na hul verdomde kinders begin kyk ipv hul aan hul eie genade oor te laat!

Kosie ·

Die skag was (volgens berigte) met ‘n beton blad geseël sedert die 1950s, maar het glo net ‘n dag of twee voor die laaitie daarin geval het oopgegaan, glo vermoedelik as gevolg van die kwaai reëns daardie week.

Varkie ·

Ek kan nie sien hoekom kan hulle nie van ver af n pen in die grond slaan en iemand laat af sak om net kos of water vir die een te gaan gee nie.. en ja ek weet dit was gevaarlik ens ens maar na n maand is die kanse maar skraal, hulle moes vroeer plan gemaak het

Christo ·

Wat gaan die on opgeleide Weermag regkry by n mynskag wat reddings werkers wat daarvoor opgelei is nie kan doen nie? Laat die weermag eerder ons grense beskerm waarvoor hulle te dik en oorgewig is en buiten dit te n hoë AIDS syfer het!!

m ·

Ek verstaan nie so lekker hoekom die weermag gemoeid is met hierdie situasie nie.

My kommentaar ·

Hoe hartseer ookal, gooi die gat toe en rig ‘n steen op ter nagedagtenis aan die kind. Dit is fataal om in daardie gat af te gaan en tien teen een in diep ondergrondse water te gaan soek. Daardie grond is onstabiel en kan enige oomblik verkrummel met jou daarin. Daar is nie ‘n manier wat daardie kind nog kan lewe na 10 dae na die val, tekort aan suurstof en moontlike verdrinking.
Dit is vir my nuus hoe die weermag hierby betrokke geraak het, seker omdat myne se protospanne nie hiervoor kans gesien het en duidelik die boodskap uitgestuur het van hoe fataal ‘n reddingspoging gaan/kan wees.

charlene ·

Here watse se pyn moes daai kind nie vrduur het nie, vrees, bang, koud nat en honger…… My hart breek vir sy ouers – ja die ouers moes seker gekyk het maar kinders is kinders en hulle vind alles en speel op die onmoontlikste plekke. Daar is nie woorde nie – ek sal as mamma in daai gat geklim het my liewers saam my kind gegaan het. Ek kan nie `n lewe indink sonder haar so ek kan nie een begin dink wat daai arme ma moet voel nie. Mens kan net bid dat God julle sal dra.

woedend ·

hkm ni die proto spanne benader nie?as da wel spanne is wat dit nie wil aanvat nie is dit n jammer,ons proto span in die noordkaap sou nie heiwer nie,wat gan die weermag doen?

Mariska ·

Hoeveel keer is die mense nie gewaarsku om nie daar te bly nie. En waar was die ma van die kind? Die gat is ook n hele entjie van waar die plakkers huise begin, en reg langs die pad. Die kanse dat die kind gekry gaan word is bitter skaars, aangesien daardie tonnels kilometers diep is en meer as halfpad vol water is wat n soort suur bevat. Dis hardseer maar niemand anders se skuld as die ouers sin nie. Die grond is al vir jare onstabiel, en die inwoners word al vir jare gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.