Seun (5) steeds vermis ná kaping

Mongezi Phike 5 yrs July 2014. .Die polisie was teen Vrydag steeds op soek na ʼn vyfjarige seun wat sedert Dinsdagaand vermis word nadat sy pa se voertuig in Bronkhorstspruit in Gauteng gekaap is.

Kapt. Sarah Mcira, polisiewoordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die polisie is steeds op soek na die ontvoerde kind, Mongezi Phike, én die gekaapte voertuig, ʼn donkergrys Nissan Sentra met die registrasienommer JYM465GP.Bronkhorstspruit GP Mongezi Phike 5 yrs July 2014.

Sy het gesê die kind en sy ouers woon in Ekangala. “Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en ontvoering,” het Mcira gesê.

Maroela Media het Donderdag berig Mongezi het die aand van die sy ontvoering saam met sy pa gery toe hulle omstreeks 19:00 by ʼn kruising in Bronkhorstspruit gekaap is. Die pa is later uit die voertuig gegooi. Die kapers het met die seuntjie weggejaag.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het gesê Mongezi het ʼn rooi en wit trui, rooi sweetpakbroek en wit tekkies aangehad toe hy vir die laaste keer gesien is. Sy het die publiek versoek om pamflette met inligting oor die seuntjie se ontvoering op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met inligting oor waar Mongezi hom moontlik bevind, kan kapt. Mnguni by 071 612 1895 of ao. Tosen by 082 535 0803, of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annemarie ·

Ons bid die Vader houSy hand van beskerming en liefde oor die kind. Ons bid vir krag en sterkte vir die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.