Seun (5) verdrink by oord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun het by die Monwabisi-kusoord in Kaapstad verdrink.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuursentrum, het gesê ʼn lewensredder het die seun se liggaam in die water sien dryf. Hy het die seun uit die water getrek en die nooddienste ontbied.

Paramedici van ER24 het die seun op die toneel dood verklaar nadat hulle tevergeefs mond-tot-mond-asemhaling toegepas het. Volgens Solomon-Johannes het die seun saam sy oupa en ouma by die oord se karavaanpark gekamp.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.