Seun (5) verskeie kere tydens kaping gesteek

polisie kaping

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Sondagaand ʼn vyfjarige seun verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek het nadat die motor van die seun se pa in Boksburg aan die Oos-Rand gekaap is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die kaping van die motor, ʼn Volkswagen Golf, het omstreeks 19:00 in Trichardtweg in Boksburg plaasgevind.

“Daar word vermoed dat die bestuurder van die voertuig, die seun se pa, deur die drie verdagtes oorval is toe hy by ʼn verkeerslig stilgehou het,” het Dlamini gesê. “Die verdagtes het die slagoffers se motor afgesper en vuurwapens op die bestuurder gerig.”

Die vermeende kapers het die man uit sy motor gepluk en weggejaag met sy vyfjarige seun.

Die motor is later verlate naby die Boksburg-gevangenis opgespoor. Die seuntjie is naby die motor in ʼn sloot gevind. Hy is glo verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.

“Die seun is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas waar ʼn dokter bevestig het dat die seun steekwonde opgedoen het,” het Dlamini gesê.

Dlamini het gesê die seun sterk in die hospitaal aan en is in ʼn stabiele toestand.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval versoek om Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pierre Celliers ·

hulle doen die verskriklikste dinge sonder om ‘n oog te knip!!!

Jo ·

Barbaars! Daar is nie woorde om hierdie wreedheid te beskryf nie. Dit lyk of hulle so deur en deur sleg is dat niks en niemand vir hulle saak maak nie. Mag die arme kind vinnig herstel.

Irah ·

Dis absoluut ‘n skrikbewind waarmee hulle nou besig is – vir wat kaap jy ‘n motor, beseer ‘n weerlose kind en dan los jy die kar ‘n ent verder? Net om te bewys jy kan dit doen….

CHRISTA ·

Ek kan ook nie verstaan hoe hulle met soveel geweld ‘n motor kaap en dit dan net daarna êrens los nie!!!

CHRISTA BADENHORST ·

Wreed verby, dit is nie of die arme kind enige gevaar vir hulle ingehou het nie, ek glo nie hy het n wapen van enige aard aan hom gehad nie, maar hy moet wreed aangerand word. watter tipe monsters is in hierdie wereld?

Anesta ·

My dogtertjie is 5 jaar oud. Sy sal hulle nie eers kan uitken nie, hoekom dit doen?? Die verpeste barbare!

cecilea ·

Maroela media kry asb net julle storie reg en hou op duim suig met die gebeure!!flip julle maak mens so kwaat met so n geduim suigery!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Cecilea

Ons het die inligting so van die polisie af ontvang. Kan jy dalk asb vir ons sê wat skort met die berig of ons dalk in kontak sit met familie van die seun sodat ons die storie kan opvolg?

Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Donovan ·

Aan Cecilea die persoon waarvan jy so praat is my neef sy naam is Ricardo en sy seun Alliandro dit lyk my jy was op die toneel en weet presies wat gebeur het ek is self n lid van die SAPD en en dit is nie n duimsuigery nie dit het presies gebeur soos die media dit se,as dit jou kind was,was die hel los kry jy jou storie reg voor jy slagoffers verkleineer

Jakoba ·

Cecilea genade mens was jy dan daar toe dit gebeur het?. (kwaat is eintlik kwaad) Daar het Donovan nou bevestig dit het so gebeur soos deur die media weergee is.

Donovan alle sterkte aan jou en jou familie en jou neef se vrou. Ek is net dankbaar dat die ou seuntjie oorleef het. Mens kan jou nie indink hoe vreeslik bang hy moes gewees het nie en toe steek hulle hom ook nog paar keer en laat hom vir die dood agter. Ons bid vir hulle. Ek bid ook dat die barbare gevang sal word.

Dave ·

Nou wat het jou so ‘kwaat’ gemaak Ceciela? As jy iets wil sê doen dit volledig of glad nie.

Vee ·

Verduidelik. Dit was vanmiddag oor die nuus, presies soos dit op Maroela media vertel is.

anita duxbury ·

Wow Wow gebeur die goed net in suid afrika…..n kind!!wys jou net barbare het geen gevoel..sterkte en bid vir julle..

Koala ·

Dis baie tragies
Ons bid vir julle, Ons Vader hou daai klein mensie in sy arms
Cecelia ek ken die mense en hulle gaan deur hel. SIES VIR JOU

Griki ·

Cecilea, wees nou mooi groot en vra Maroela Media om verskoning. Vertel ons dan ook wat jy gehoor het en waar jy dit gehoor het. Klink vir my na een moewiese misverstand.

Amanda Havenga ·

Sterkte aan die gesin. Ons sal graag wil hoor hoe gaan dit met die outjie. Dankie aan die media vir julle inligting. Waar is Cecilea se ware inligting nou wag nog om dit te lees aangesien jy daar was.

Ronel Potgieter ·

Ek was self in die polisie, en is daar uit oor al die korrupsie. Mense, dit wat met daardie arme klein seuntjie gebeur het, gebeur WERKLIK in ons samelewing! Dis vieslik, maar waar. Ons bure is ‘n paar dae gelede in hul huis aangeval, en daar is in hul gesigte vir hul gese: “ek is nie hier om jou goed te steel nie, ek is hier om jou dood te maak”. Nou vra ek net: wat staan mens te doen?

Rozelle Bojanic ·

Ag die arme ou seuntjie! Dit is verskriklik wreed, om so gevoelloos teenoor ‘n kind op te tree! Mag hy vinnig herstel en alle sterkte aan sy ouers!

Hannelie Duckitt ·

My seuntjie is 10 en sy boetie is 5.
Die stomme kind moes ń nagmerrie beleef. Ek kan julle een ding sê, as dit my kind was, het ek my kop verloor. Geen kind geen ouer verdien so onnodige gedoente nie!!
Dit vir ń ‘spin’ in ń VW Golf ( nie eers gevat nie). Varkies as dit my kind was het jou huisie GEBRAND!!

Johan ·

Asseblief noem n graaf, n graaf….ek gebruik nie n skerp voorwerp om botter op my brood te smeer nie, maar n mes. En moor hulle ons dan nou uit met staal plof toestelle ? Moet nie wreedheid probeer verdoesel nie asb

Lelanie ·

Johan, ek.het verskeie berigte gelees en soos wat ek verstaan is hulle nie seker wat die voorwerp was nie. Hulle vermoed dit was ‘n mes maar dit kon ‘n ander skerp voorwerp ook gewees het… daarom.kan hulle dit nie ‘n mes noem nie…

Alta Lotter ·

Kom Cecilea ….. ons wag vir jou verduideliking!!! Jy is vinnig om aan te vat sonder dat jou feite korrek is maar nou is jy stil?

Irah ·

Myne ook nie – dalk was die deel van “die goed aan die brand steek” te kras….

pop ·

Vir die uitlewering van sulke vloeke (ek weet nie eers wat noem mens sulke goed nie) hoort daar mos n beloning van n miljoen rand te wees. As dit my kind was moet hulle nooit gekry word nie, want ek gaan in n boks in die hof beland.

morne ·

Kan iemand van SAPD ons laat weet watse kar dit was en waar presies dit gebeur het. Ons sal graag op die uitkyk wil wees, ons is gelee in Sunward Park.

Dankie
Morné

morne ·

Ag askies tog ekt dit verkeerd, blykbaar was die kapers tevoet. Het ons enige idee waar hulle gestaan het? Ons sal moet uitvind want die mense klink baie gevaarlik en gaan weer daar gaan staan verseker.

Moekies ·

Hoe weet julle of dit ‘n blanke was en wat maak dit saak? ‘n kind bly ‘n kind en dit was wreed.

Ansa ·

Sit jou bril op en kyk na die seuntjie se foto. Hy is blank !!!

DNTIKY ·

Hoe kan die gemors so ‘n pragtige onskuldige seunq so seer maak , ai as ek daai ouers is sal ek hulle vermorsel met my kaal hande as die gemors gevang word… Was daar nie Straat Kameras of vinger afdrukke nie!!!!! Sterkte vir die familie en die klein seunq!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.