ʼn Sesjarige seun van Brittanje is Dinsdagaand in KwaZulu-Natal beseer nadat sy voet in ʼn roltrap vasgesit het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 21:20 in die Umhlanga-omgewing plaasgevind.
“Ons kan in nou net raai wat tot die ongeluk gelei het, maar ʼn volledige ondersoek is van stapel gestuur,” het Botha gesê.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was die brandweer en ʼn tegnikus wat nie aan diens was nie, hard aan die werk om die kind se voet los te kry.”
Paramedici het vir ure onverpoosd gewerk om die seun te behandel en te stabiliseer terwyl die brandweer en tegnikus gewerk het om die seun te help.
Die kind is omstreeks middernag bevry, waarna na hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Volgens Botha het die seun ernstige beserings aan sy voet opgedoen.
Wat ‘n nare ondervinding! Kinders reken dat roltrappe ‘n speelding is, en vat ouers ooknie die waarskuwings ernstig genoeg op nie. Jammerte dat die kind & sy ouers so ver moes reis om so ‘n duur les te kom leer.