Seun (6) se liggaam uit diptenk gehaal

Argieffoto: ER24

Die liggaam van ʼn jong seun, vermoedelik ses jaar oud, is uit ʼn diptenk in Edendale in KwaZulu-Natal gehaal.

Volgens ʼn verklaring van die ER24-noodienste is paramedici én ʼn soek-en-reddingspan Donderdag teen 18:30 na die toneel ontbied.

Die tenk word gebruik om vee in vloeibare plaagdoders of ander behandelings te dip.

Volgens die verklaring het die seun geen teken van lewe getoon toe hy uit die tenk gehaal is nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Plaaslike owerhede was ook op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” lui die verklaring van die nooddienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.