Seun (6) sterf in N3-ongeluk

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Sesjarige seun is dood en sy gesin beseer, nadat hul voertuig Sondag in die vroeë oggendure verskeie kere op die N3-snelweg naby Frankfort in Vrystaat gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:30 gebeur.

“Die motor waarin die gesin, twee volwassenes en twee kinders, gery het, het die pad verlaat en verskeie kere gerol,” het Botha gesê.

“Die seun was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Die twee volwassenes en ʼn kleuter het ernstige beserings opgedoen.”

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.