Seun (6) sterf ná motor rol

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

ʼn Sesjarige seun is Woensdagoggend dood en ʼn man ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het verskeie kere in Vanderbijlpark in Gauteng gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in Vaalweg plaasgevind.

“Die motor het glo die pad verlaat, verskeie kere gerol, deur ʼn muur gebars en naby ʼn boom tot stilstand gekom,” Meiring gesê.

“Die seun is in die voertuig aangetref en het geen tekens van lewe getoon nie. Die man het buite die voertuig gesit en was in ʼn ernstige toestand.”

Paramedici het die seun dadelik uit die wrak gehaal en probeer om hom by te bring. Na 25 minute se noodhulp het hy weer tekens van lewe begin toon, maar hy is kort ná sy aankoms by Emfuleni Mediclinic dood verklaar.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na dieselfde hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kinnie ·

Daardie pad is vieslik vol potholes, soos meeste van die paaie in Vanderbijlpark. So jammer dat ‘n onskuldige kind moes boet met sy lewe omdat die munisipaliteit te gevrek is om die paaie reg te maak en in stand te hou. RIV kleine mensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.