ʼn Sesjarige kind is dood nadat hy Saterdagoggend uit die negende verdieping van ʼn gebou in die Johannesburgse sakesentrum geval het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 10:40 na die toneel in Pritchardstraat ontbied. Daar het hulle die seuntjie op die grond aangetref. Getuies op die toneel het aan paramedici gesê die kind het uit die negende verdieping van die gebou geval.
“Die kind is op die toneel ondersoek, maar hy het geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici het hom dood verklaar,” het Herbst gesê.
Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy kon nie onmiddellik bevestig waar die kinders se ouers ten tyde van die voorval was nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Pure nalatigheid!!! Ek is nou vreeslik ontstel waar ek hier sit. Kon die ouers nie behoorlik toesig hou nie???! Of was hul nie eens daar ten tyde hiervan?
Nee wragties, die hoeveelheid moord, doodslag en ongelukke deesdae in die nuus is genoeg om enige persoon tot depressie te dryf.
Rus sag kleine lyfie.
Dis erg. Laat ons nie oordeel voor ons weet presies wat gebeur het nie.
Dis verskriklik hartseer!
Sterkte aan die familie
Kinders wat in woonstelle grootword behoort nie aan hulle eie genade oorgelaat te word nie! Ek sien daagliks hoe kinders wat skaars kan praat, alleen trappe klim en alleen rondloop! Nie eers in jou eie jaart kan jy jou kind sonder toesig laat nie!..Jammer vir die kind, sy ouers was seker afwesig??..