Seun (6) verdrink in dam

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun het Saterdagoggend in die Potchefstroom-dam in Noordwes verdrink.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee jong mans het omstreeks 11:30 by die dam visgevang toe hulle die kind se liggaam in die water sien dryf het. “Die seuntjie was in die water teen rubberbande wat aan ʼn gedeelte van die oewer vasgemaak is,” het Myburgh gesê.

Die mans het die seun dadelik uit die water gehaal, maar hy was reeds oorlede. “Oorkant die dam het hulle gesien dat ʼn groep mense langs die dam kuier. Hulle het dadelik na hulle gehardloop om hulle van die seuntjie in te lig,” het Myburgh gesê.

Dit het toe aan die lig gekom dat die seun saam met ʼn familielid by die dam was waar hulle saam met vriende gekuier het. Hy het ongesiens van die groep weggeglip en in die water beland.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die dam ontbied waar hulle die seun op die oewer aangetref het. “Daar was ongelukkig niks wat vir die seun gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Myburgh het gesê die seun se naam mag nog nie bekendgemaak word nie, aangesien al sy naasbestaandes eers van sy dood ingelig moet word. Sy ouers was nie saam met hom by die dam toe die voorval gebeur het nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Jammer as ek onsensetief klinl maar ek dink dit is nalatigheid. Hoe los jy jou seun net so as j weet seuns is avontuurlustig en naskuurig. Ek vang vis en as my kids saam my is maak ek n punt daarvan om seke temaak ek sien hul ten ale tuie. Nuus soos die maak my werklik baie baie baie m#@rig.
Sterkte aan almal betroke

Johan ·

ek stem saam Jaco, ek weet nie hoe die mense so lekker kuier om nie eers agter te kom dat die kind weg is nie, hy moes al n rukkie weg gewees het as hy tot teenoorgestelde kant van die dam was, dit is net nalatigheid, my seuntjie is 5 jaar oud en hy weet dat hy nie naby die dam mag gaan as ek gaan vis nie, hy bly heeltyd in my oe, ek sal nie eers dat hy alleen toilet toe gaan nie, ek verstaan nie hoe mense net niks omgee gee.

Gehardt O ·

Dit is ook nodig dat n kind so jonk moontlik leer swem of ten minste dryf.

Poppie ·

Visvang, kuier en drank loop hand aan hand. Dan word daar vergeet om na kinders wat saamis, te kyk. Baie hartseer.

George ·

Jare terug was ek daar in potch 3 sai ek ken daai dam die tyd van die jaar is daai water erg koud ook so jy wetter n kind wat in daai dam swem of wil swem , daar is genoeg swem baddens waar toesig is .

thelsa ·

Vir die landsburgers waarvoor water nog ‘n vreemde verskynsel is, besef nie dat almal nie oor die natuurlike aanleg beskik om hulle self te help as hulle in meer as ‘n emmer water beland nie.

MissDemeanor ·

Ek weet wat jy bedoel met “van die landsburgers”… maar moenie vergeet hoeveel keer mens hier lees van afrikaanse kinders wat verdrink by hul ouers se huis nie.

weet jy dalk ·

soveel kommentare deur die kenners op MM. Was jy daar om te sien wat gebeur het?! As daar `n ongeluk, kan almal ekspert afleidings maak net uit fotos, sonder om die toneel self te besoek. Hier word alweer klomp afleidings gemaak – mense was julle daar om te WEET wat gebeur het?

Ken2 ·

Laat ons onder mekaar gesels en idees uitruil. Ek het hier al soveel by ander geleer. As ons heeldag wag vir amptelike verslae van polisie sal ons nooit uit mekaar se foute leer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.