Seun (6) verdrink in Jhb-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige seuntjie het Saterdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in die weste van Johannesburg verdrink.

Die seun se pa het hom glo op hom afgekom waar hy in die swembad gedryf het. Hy het hom uit die water gehaal en met hom na ʼn nabygeleë brandweerstasie gehaas vir hulp.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die brandweerstasie in Eldorado Park ontbied. “Met paramedici se aankoms was brandweerbeamptes besig om noodbehandeling op die seun toe te pas,” het Meiring gesê.

“Ná meer as 20 minute se noodbehandeling was daar steeds geen teken van lewe nie en is die seun op die toneel dood verklaar.”

Die polisie is ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Dit is jammer dat mense met swembadens nie die basise kenis van mond tot mond asemhaling onder die knie kan op doen nie.
Sterkte met die verwerking vsn die verweking met die verlies.

Peet Schabort ·

NET ‘n veiligheidsnet is al oplossing. Dit is egter ‘groot’ werk elke keer te verwyder en weer terug te sit. Selfs nie eers ‘n veiligheidshekkie is genoegsaam.
Indien voorgaande té veel werk is: GOOI DIE VERBRANDE SWEMBAD TOE !!!!!!

Liewe lulu ·

Hul kan my maar n pyn in die g@t noem maar as daar in my swembad geswem word sal jy wat die grootmens is die swembad toemaak met die net Ek het n 5 jarige kleinkind hier en het nie n oomblik se rus voor daai net terug is waar hy hoort nie

Poppie ·

Dit gebeur in n oogwink. Ek het 30 Mei 1994 my dogtertjie (toe 22 maande) amper so verloor. Ek kan net die Here en haar beskermingsengele dankie sê dat sy vandag normaal is sonder enige nagevolge. Sy het ook al begin dryf en my seuntjie (toe 6 en n half) wat haar probeer red het ook amper verdrink het.

EKKE ·

Dis hartseer!!! As jy jong kinders het Leer hulle om te swem!!! ons Swembad is nie omhein en ook geen veiligheidsnet… My seun was 2 jr oud toe leer ek hom swem het n rukkie gevat maar na 3 weke kon sooo goed swem maar was steeds nie toegelaat om sonder enige toesig by die swembad te wees en ja hy het eenmaal slae gekry omdat hy alleen daarheen gegaan het en dit was die laaste!!! So mense asseblief leer hulle swem so jonk as moontlik dat hy homself kan help as hy in val of iets….

sarie van heerden ·

Swembadongelukkie gebeur baie vinnig. Ons het ‘n swembadnet en toesig gehad, ook maar die seuntjie het vlakvoor sy tienderjarige sussies verdrink terwyl die tannie vir hom lekkertjies gaan haal het 4 meter vanwaar hy was. As hy reeds bo dryf kan jy vergeet want dan is hy al dood. Swimming pools are over rated.

Yvette ·

So hartseer :'( Ek het ook amper een van my seuntjies so verloor toe ons by sy ouma hul gekuier het. Dit spook vandag nog by my. Gebeur baie vinnig. Sterkte aan daai arme ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.