Seun (6) verdrink in strandmeer

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun het verdrink nadat hy in die moeilikheid geraak het terwyl hy saam met sy sussie geswem het in die strandmeer by Wildernis-strand aan die Tuinroete.

Mike Vonk, adjunkstasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Wildernis, het gesê die NSRI is omstreeks 17:52 Sondag deur lewensredders na die strand ontbied.

Volgens Vonk was die seun reeds deur lewensredders uit die strandmeer gehaal en het hulle onmiddellik begin om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas.

Beamptes van talle organisasies, insluitend ER24, die polisie en die plaaslike munisipaliteit, was ook op die toneel.

“Paramedici van ER24 en die NSRI het voortgegaan om die seun te probeer bybring. Hy is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy kort na sy aankoms dood verklaar is.”

Vonk het die NSRI se medelye met die seun se familie betuig.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

C ·

My kinders is 13 jaar oud en ek laat hulle nie onder my oë uit by die see nie en hulle sal ook nie alleen gaan nie. Sterkte aan die ouers en sussie in hierdie hartseer tyd.

TLC ·

So jammer aan familie en friends
RIV seuntjie
Ja n ongeluk gebeur ongelooflik vinnig
Hoop nou nie almal gaan vra waar was die ouers nie
Hul was dalk daar waar hul seuntjie heerlik gespeel het
Soos ek n ongeluk gebeur so vinnig
En water en vuur is niemand se speelmaat nie
Sterkte

Johanna Botha ·

Die ouers is dronk en nerens te vinde nie …nie die eerste keer en ook nie die laaste keer dat dit gebeur nie …dis byna elke jaar se storie die met die dronk besope mense op die vakansie dae. Die winkels maak ook semuur toe agv die tiepe gedrag en die onbeheerstheid van die dronk skare …nuwejaar gaan ook so wees !

Lola ·

Johan jou kommentaar is onvanpas en die vraag is was jy daar om sulke aanames te maak. Ondersteun eerder die seuntjie se ouers-hul het ons almal se ondersteuning nodig
en nie kritiek. N iemand van ons as ours is te goed om nie n kind te verloor

Sanchia ·

Jy bly dalk daar, maar was jy by die stramdmeer toe dit gebeur? Dalk is dit die situasie, dalk nie. So as jy nie SELF gesien het dat die ouers besope was nie, is dit nie jou plek om te sê hulle was nie.
Sterkte aan die familie, dis altyd moeilik om ‘n geliefde te verloor, maar so naby aan Kersfees kan nie maklik wees nie!

Ingrid Potgieter ·

Ons hele gesin (al drie van ons!) Het eendag binne enkele sekondes in ernstige moeilikheid beland toe die stroom net onverwags gedraai het. Dit was buite seisoen en die strand was leeg. Ons was naderhand baie ver van land af. My man het ons lewens gered deur kop te hou. Ons het geskop met elke brander en die see het ons gelukkig weer uitgespoeg, maar mens kan nooit gerus wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.