Seun (7) deur hond in straat aangeval

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Sewejarige seun is Dinsdag deur ʼn hond aangeval toe hy saam met maats na ʼn winkel gestap het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in New Germany, noord van Pinetown in KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die seun was saam met maats by sy huis toe hulle besluit het om winkel toe te gaan,” het Bodasing gesê. “Die seun se ouer suster, vermoedelik 18 jaar oud, het die kinders vergesel.”

ʼn Hond het vermoedelik uit ʼn erf losgekom en die seun aangeval. Die hond het weggehardloop nadat die seun se suster en sy maats dit van hom afgetrek het.

Sy suster het hom huis toe gevat en hulp ontbied. Hy het ernstige bytwonde en krapmerke opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die hond se ras is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris W ·

Ek hoop sy eienaar is al bekend!!Hy moet verantwoording doen an pa staan vir alle mediese kostes van daai seuntjie.

Karma ·

En nou gaan die hond natuurlik uitgesit word omdat hy die kind aangeval het. Daar word nie in ag geneem dat die kinders dalk geraas het of die hond geterg het nie – ek het elke dag daarmee te doen as die troppe skoolkinders uit die skool kom en my honde terg. Dit is mos altyd die dier se skuld as die mens nie verstand het nie …

bernard ·

gaan le klag van nalatigheid teen die eienaar af by die polisie

pop ·

Chris W, dis maklik om te praat as mens nie weet wat aangaan nie. Ek het elke dag al my hel met stoute kinders wat my honde terg en tart. Hulle trek stokke teen die hekke se sparre en dit maak my diere mal. Gooi ook klippe en papier na hulle deur die hek. Die honde raak so frustreerd dat hulle soms sommer mekaar gryp. Die een se tande is afgebreek soos hulle die staal byt. Ek gaan gereeld hier uit en praat mooi en waarsku, as die honde hier uitkom gaan ek nie verantwoordelik wees nie. Ek word uitgelag en self tong voor uitgesteek. En erge rassistiese goed toegesnou. My vrees is eendag klim die honde bo-oor die muur. Ek het al videos geneem so ek wag vir daai dag.

Charlene ·

Pop – Ek weet presies waarvan jy praat. dis nie altyd die hond se skuld nie, maar soms die kinders wat hulle so tart!!

Chris W ·

Pop ek weet waarvan jy praat.Kinders kan BAIE stout wees !Ongelukkig is die wet baie spesifiek en moet mens sorg dat jy daarvolgens handel.Indien jy wel video opnames het waar die kinders jou honde gereeld terg kan dit dien as versagting in die geval van ‘n hof geding.Dis vir wetsgehoorsame mense soos jy en ek ‘n nagmerrie.Ek het al “mense” met die water spreier natgespuit om hulle te verjaag voor my erf om my hond tot bedaring te kry!

Louis ·

Ek voel baie jammer vir die kind ,maar ek stem, dis altyd die honde se skuld daar word nooit gekyk na die optrede van die kinders of persone nie

Anny ·

Ek is ook net so gefrustreed met die kinders. As hulle rustig verby loop doen die honde niks maar as hulle aangehits word raak hulle baie aggresief. Maw dis nie die hond nie dis die kinders.

Dee ·

Dit is soos Zuma wat stokke trek teen die hekke se sparre want hy weet dat hy agter versperring is.

Pinkie ·

En daardie kinders was die onskuld vanself voordat die hond uitgekom het?

René ·

Lekker gelag nou…die ras van die hond is onbekend…hahaha. dut is so waar, die kinders is 90% van die tyd skuldig

elmarie ·

Ek het dieselfde probleem gehad. Het net eendag my hond op n lank genoeg tou aan sy leiband was gemaak en die hek nie opknip gesit. Toe wag ek. Dit was die laaste keer dat die kindertjies verby my huis geloop het.

arizona ·

My honde word altyd geterg deur die skool kinders. My worsie is al te oud om te byt en wil net lê. My rifrig sal jou dood lek want hy loop oor van vriendelikheid. Hoe lekker het ek net nie gelag toe die skool kinders weer een middag my honde so tart en ek die hek oop maak. Ek het geweet my rifrig sal hulle nie byt nie maar hy het buite toe gehardloop en gedink dis speel tyd. Ek het nog nooit weer daai kinders voor my huis sien verby loop nie.

ou tannie ·

Dis seker als apartheid se skuld. Die arme hond se ras word bevraagteken. Seker n pers hond.

Adele ·

Ag weet jy…..kinders bly kinders!!!! Nou is dit die kind se skuld? HOU JULLE HONDE IN DIE ERF en sorg dat hulle nie kan uitkom nie. Eienaars is verantwoordelik en klaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.