Seun (7) deur vriend geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 12-jarige seun word van poging tot moord aangekla nadat hy glo per ongeluk sy sewejarige vriend geskiet het in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Vrydag in die KwaNobuhle informele nedersetting buite Uitenhage plaasgevind. “Die 12-jarige seun is na sy vriend se pa se slaapkamer waar hy die vuurwapen gevind het. Hy het glo die vuurwapen gevat waarna ʼn skoot afgegaan het en die sewejarige seun in die bors getref het.”

Die beseerde seun is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. Die 12-jarige seun is in die sorg van sy ouers vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die KwaNobuhle-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. Die polisie ondersoek die moontlikheid van nog aanklagte volgens die Vuurwapenbeheerwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PK Smit ·

Was dit ‘n gelisensieerde vuurwapen of was dit ‘n voorheen gelisensieerde vuurwapen wat ingehandig was? Wonder maar net hoekom dit sommer so oop en bloot rondgelê het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.