Seun (7) ernstig beseer ná voertuig hom sleep

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun het ernstige beserings opgedoen nadat hy Woensdagmiddag deur ʼn voertuig in Howick West in KwaZulu-Natal raakgery en ʼn ent onder die voertuig saamgesleep is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het omstanders hulle na ʼn nabygeleë skool gelei waarheen hulle die seun vroeër geneem het. Omstanders het die seun glo onder die motor uitgetrek nadat hy raakgery is.

Paramedici het die seun ondersoek en gevind dat hy ernstige beserings aan sy kop en albei bene opgedoen het. “Die seun was in ʼn ernstige toestand. Paramedici het hom behandel en onder meer medikasie vir pyn gegee, voordat hy deur ʼn ander ambulansdiens en ʼn ER24-paramedikus na ʼn nabygeleë private hospitaal geneem is,” het Meiring gesê.

Hy het gesê die bestuurder van die voertuig was nie beseer nie. Die voorval sal deur die plaaslike owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sê maar net. ·

Rerig….!!!
Nou hoekom sal die betuurder enige beserings gehad het as die voertuig nie in ‘n ongeluk betrokke was nie.

dovaz ·

Die bestuurder kon nie beserings op gedoen het nie want hy het die kind met ‘n voertuig gesleep. Kon hy nie iets agter gekom het nie? Waar is die kind se ouers? Sterkte

Toy ·

Waar het hy gekyk dat hy die kind raak ry en sleep? Hete hy moes mos die slag gehoor het.

Johan ·

Vind eers uit wie is skuldig. Vandag se kinders ken nie verkeers reëls en hardloop net eenvoudig oor die pad. Indien die voertuig ‘n SUV is, is dit moontlik dat die bestuurder nie die klein kind onder sy voertuig agtergekom het. Ander situasie indien die bestuurder dronk was of gek en doelbewus die kind raakgery het. Bestuurders kry heeltemal te veel die skuld en voetgangers dink motorpaaie is voetpaaie.

Mrs.B ·

Johan, ek stem 100% saam met jou. Elke dag sien mens kinders oor die paaie loop of hardloop sonder om te kyk voor hulle dit doen. Net een vraag, wat se spoed het die bestuurder gery om die kind onder die voertuig te kans sleep. Sterkte aan die kind en ons hoop jy sterk vinnig aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.