Seun (7) kritiek ná byna-verdrinking in hotelswembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun is Woensdag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy bewusteloos in die swembad van ʼn hotel in Umhlanga, KwaZulu-Natal, aangetref is.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê veiligheidsbeamptes is net ná 14:00 saam met paramedici na die toneel ontbied. Iemand het glo die kind in die water sien dryf en hom uit die swembad gehaal. Een van die gaste by die hotel het kardiopulmonêre resussitasie begin toepas terwyl daar vir die paramedici gewag is.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici met hul aankoms by die man oorgeneem om die kind te probeer bybring. “Die kind is aan ʼn handventilator gekoppel en resussitasie-medikasie toegedien, terwyl paramedici voortgegaan het met hul resussitasiepogings,” het Botha gesê

“Ná ongeveer 15 minute het die kind se polsslag teruggekeer en hy het weer spontaan begin asemhaal. Groot vreugde was sigbaar en jy kon die verligting op die paramedici se gesigte sien. Die kind is daarna per ambulans na ʼn hospitaal geneem.”

Volgens Van Reenen was die kind teen laat Woensdagmiddag in ʼn kritieke maar stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Juis omdat die ouers nie altyd by ‘n kind kan wees nie, moet hulle hom op die vroegste ouderdom moontlik neem vir swemlesse!!!

WhatThe ·

Ai, kom ons glo dat die kind geen skade sal he nie en dat die toekoms vir hom net vreugdevol sal wees. Sterkte aan die ouers.

Rbee ·

Dit gebeur so vinnig. Jy kani die ouers blameer nie. Dis by ñ hotel en daar was baie ander mense. Daar is soveel kinders wat speel in die watee dat jy nie dadelik agter kom die kind lê gesig ondertoe vir te lank.

Griet ·

By die meeste openbare swembaddens is daar kennisgewings op wat minderjarige kinders verbied om te swem sonder ouertoesig. Ek glo by hierdie hotel was daar nie ‘n uitsondering nie. Mense wat die ouers blameer is nie heeltemal verkeerd nie, so-ook nie die mense wat die hotel blammeer nie. Ja die ouers kon die ongeluk voorkom het, hulle moes die seun dopgehou het. en as die ouers nie daar was nie, waarom het die hotelpersoneel die kind toegelaat om sonder toesig te swem?

Amanda ·

Swemlesse: My dogterjie is nou net eenvoudig nie n swemmer nie. Sy neem al 6 jaar lesse. Tans kos die lesse my R320 per maand x 11 maande x 6 jaar. Ek dink sy is nou veilig in n swembad maar in die see moet sy maar vlak bly. Die meerderheid mense sal nie dit kan bekostig nie.

Toesig: Ek het al 2 keer weggekyk toe sy swem in n swembad en toe was sy in die moeilikheid. Die een keer het ek reg langs haar in die water gestaan.

Moenie te maklik oordeel nie

PJ ·

My kind kon al op 3 behoorlik swem…hy is net ‘n natural….maar nog steeds los ons hom nie vir een enkele oomblik alleen naby enige water nie. …nooit nie…
Hoop regtig hierdie klein man is gou beter xx

Frans ·

Ek te lief vir my girl as ons die net by huis afhaal het sy altyd ha swem badji aan sy vetrou dit so baie al gaan ons see toe is ha badji aan so iets gebeur sal sy save wees da sal n tyd kom sy sonder dit mag swem ma nie nou nie em te lief vir my baby

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.