Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kind het glo by die Devilwood-treinstasie in die Shongweni-vallei in KwaZulu-Natal op die trein geklim. ʼn Groep kinders in die trein het glo in die deur gestaan sodat dit nie toemaak nie toe die trein wegtrek.
“Toe die trein deur ʼn tonnel gery het, is die kind uit die trein gesuig en sy kop is hard teen die betonmuur geslaan,” het Botha gesê. “Hy het ernstige kopbeserings opgedoen, maar was baie dapper en het sy skooldas gebruik om sy gapende kopwond toe te bind. Hy het toe uit die tonnel probeer kruip om hulp te kry.”
Volgens Botha het ʼn groep motorfietsryers in die omgewing gery en hulle het die kritiek beseerde kind langs die treinspoor sien lê. Hulle het onmiddellik die nooddienste ontbied en paramedici moes op baie moeilike terrein deur suikerrietvelde ry om by die seun te kom.
“Die paramedici het besef die paaie was te sleg om die kind per ambulans te vervoer en ʼn mediese helikopter is ontbied. Die seun is met die helikopter na ʼn spesialishospitaal in Durban geneem,” het Botha gesê.
Hi O siestog arme arme kind. Tog so onskuldig. Laat ek eerder “Gedagte vir die dag” lees.
Hi ek kry hom so jammer, hoop hy word gou gesond, hoekom het hulle nie gekyk dat die deure toe is van die trein voordat hy weg trek nie , dankie vir die mense wat vir hom hulp gekry het.
Jy sal sien hul se, kinders het in die deur gestaan sodat dit nie toemaak nie. Dis n alledaagse ding met treine. Het dit al baie gesien. Die deure trek hul inelkgeval oop as dit toe is.
My seuntjie is 7 jaar oud en ek kan net dink aan die vrees wat deur daai lyfie moes gegaan het. Die feit dat hy, ondanks beserings, oulik genoeg was om te besef hy moet die bloeding stop, sê net vir ons dat ons hier met ‘n intelligente wesentjie te doen het. Ai, dis so hartseer. Ek hoop hy herstel volkome.
Klink vir my soos kattekwaad…wat ge-backfire het.