Seun (7) sterf, 4-jarige kritiek ná botsing

Foto: Rescue Care-paramedici

Foto: Rescue Care-paramedici

ʼn Sewejarige seun is dood en ʼn vierjarige seun kritiek beseer nadat ʼn taxi en motor Dinsdagoggend in Durban gebots het.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die hoek van South Coast- en Blameyweg gebeur. Die taxi het die motor teen die kant getref, maar die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was die kinders, wat op die agtersitplek van die motor was, in ʼn kritieke toestand. Paramedici het onverpoos gewerk om die kinders te stabiliseer. Die sewejarige seun het egter hartversaking opgedoen en ten spyte van paramedici se beste pogings, was sy beserings net te erg en hy is op die toneel dood,” het Lennox gesê.

Die vierjarige seun is op ʼn handventilator geplaas en na ʼn hospitaal gehaas. ʼn Passasier in die taxi en ʼn voetganger is ook in die ongeluk beseer en na ʼn hospitaal geneem. Die voetganger is later in die hospitaal dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AL ·

Vir taxi’s gaan dit net om geld te maak. Hul vermoor mekaar vir geld en voel vere vir ander se lewens.

Annie ·

Stem met Netekke weer ‘n taxi …. en soos altyd berig Maroela die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en dis die laaste keer wat jy van hierdie berig hoor of lees. Sterkte aan die ouers en familie. So hartseer en onnodig.

Ronald ·

Ja kry taxi drywers wat verstand het dan kan dit net beter gaan. Waar kry jy hulle

Vivian ·

Sjoe soveel hartseer gaan aan. My hart gaan uit na sy familie. Al wat ek wonder is hoekom daar nou nie n mansslag saak geopen is teen die taxibestuurder nie?

theo ·

tot dusver en dit is vandag die 24 januarie, was taxi’s al verantwoordelik vir 31 sterftes die jaar.

Jaco ·

Hierdie Taxis is doodsengele!! My tuinjong vertel my hoe sy Taxi die een oggend teen 160KM/H vol passasiers gejaag het vanaf die lokasie na die Stad!

Kosie ·

Taxis is gevaarlik, maar as ek in die verkeer is is ek baie meer skrikkerig vir jong mans wat dink die pad behoort aan hulle in hul Hiluxes / BMWs. In my ervaring is dit in die meeste gevalle die taxis wat vir jou spasie gee as jy dit nodig het.
Niemand stop ooit meer rerig by stoptekens nie, spoedgrense is opsioneel en die rooi lig by ‘n robot beteken jy het nog 3 sekondes om gou oor te glip. As een voertuig ‘n ander een teen die kant tref is daar baie verskillende moontlike oorsake. Ek hoop regtig die kinders was vasgemaak of in hulle stoeltjies sodat die ouers nie sit met daardie skuldgevoelens nie.

Theresa B ·

Die Taxi’s ry soos hulle wil en maak hulle eie padreëls. Ek word elke dag met stomheid geslaan as ek sien wat doen die Taxi’s op die pad. Ongelooflik – Dis net hulle wat aan sulke dinge kan dink om te doen. ‘n Rooi verkeerslig beteken absoluut niks meer vir hulle nie (onder andere). Almal kan sien wat by hierdie ongeluk gebeur het as jy kyk waar die motor getref is. Die Taxi het gery toe hy nie moes nie. Kort en kragtig en nou is daar kindertjies dood/ernstig beseer. Môre jaag dieselfde taxi-bestuurder voort op sy roete want tyd is geld. Hulle word betaal om hulle passasiers vinnig by hulle bestemmings te kry en hoe meer hulle ry – hoe meer geld in hulle sakke natuurlik.

Jean ·

Weer ‘n Taxi, maar as ons daaroor praat is ons rassisties en bevooroordeeld. So ja, terwyl almal in ontkenning is daaroor, gaan dit steeds mense se lewens kos. Niemand luister nie, die regering is te bang om teen hulle op te tree, die metro-polisie is ook nie bereid om enige aksie teen hulle te neem nie, maw solank hulle toegelaat word om te ry soos hulle wil met onpadwaardige voertuie, roekeloos, en al die padreels ignoreer en hulle mede-padgebruikers disrespekteer gaan dit mense se lewens kos. Ons frustrasies word afgelag, maar skielik as dit ‘n lewe kos, is dit ‘n nuus!

A.G ·

Weer se ek taxi drywers het geen reels nie. Dan doen hulle dit nog voor verkeersbeamptes en daar word niks daaraan gedoen nie ek sien dit daagliks.

Sjoe ·

Ai nee..
Dink hierdie txi bestuurders kry hul lisensies in die Post Toastie Cereal bokse!!!!

Susan Pietersen ·

Ek stem saam die taxi’s is ‘n groot gevaar, wanneer die tou karre te lank is gaan hulle regs verby, geen saak as daar voertuie van voor af kom nie. Hulle wil net nie agter wees nie, soos voorheen gesê sien net geld. Sê net dankie as hulle verby is.

Thinus ·

Hierdie regering kan die spoegrens verminder na 20km per uur toe dit gaan absoluut niks doen aan die waansinnige taxi drywers nie. Ek het al self deur geloop met die goed en weet dat metro het nie n saak met die gewone motoris nie maar vir taxi drywers is hulle biiter bang en dit is hoekom die goed maak soos hulle will.

Annie ·

Tyd dat taxi die pad reel volg soos die res … nie hulle eie reels soos hulle lekker kry nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.