Seun (7) sterf op pad skool toe

Foto: Verskaf.

ʼn Sewejarige seun is Vrydagoggend dood toe ʼn motor hom raakgery het op pad skool toe.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 plaasgevind op die hoek van Crossmoorrylaan en Raffiaweg in Chatsworth, Durban.

“Toe paramedici by die toneel opdaag het die seun ʼn hartstilstand beleef. Paramedici het dadelik probeer om die kind by te bring, maar sy beserings was te erg en hy is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

Die kind het volgens Jamieson verskeie beserings opgedoen.

Die omstandighede rondom die voorval is in dié stadium nog nie duidelik nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Bonzai ·

Dis vreeslik! Gebede en innige simpatie vir familie en vriende.

waarheid ·

Hoop die die ouers het hom alleen skool toe laat stap nie !!! Die publiek ry te onverskillig om dit toe te laat!~

PJC ·

As daar enige kinders langs ń pad is behoort ń mens stadiger te ry. Kinders van daardie ouderdom is glad nie “streetwise” nie.

Lindtjies ·

As hulle nie ‘n kar het nie moes daar nog steeds iemand saam met hom geloop het. Sewe jaar is nog maar klein en moes hy seker maar in graad 1 gewees het. Alle voorspood vir sy familie in die moeilike tyd.

7jaar ·

Liewe land Lindtjies!
Ken jy dalk die ouers se omstandighede?!!!
Die ma werk heel waarskynlik in n ryk vrou se huis in die suburbs en moet 4h30 al haar kind alleen los om die die “madam” se huis te gaan skoonmaak.
Die pa is heel waarskeinlik ook al donker ogfend weg om te gaan werk om kos op die tafel te sit!

STOP om altyd vinger te wys!
Jy leef nie in hul omstandighede nie! Hoe kom JOU kinders by die skool? Mamma ry hulle rond of dalk n nanny?

Sies vir almal wat so vinnig oordeel.

lorita ·

Ek stem saam, sal nie eers my 18jarige seun alleen laat stap nie

Namgrl ·

Ja Nee, wie is ons om vinger te wys.

7jaar, jy stel dit so goed. ‘n Mens se hart is stukkend om sulke tipe goed van te hoor. Ek is so dankbaar vir die genade kans dat ek die voor reg kan he om my kids skool toe te kan karwei. Ek laai dan ook nou en dan ‘n kind of twee op wat by die selfde skole is as my kinders. Ek is ook verder dankbaar dat ons dit elke dag veilig kan maak. Laat ons besef, ons tyd is nie ons tyd nie.
Ons dink aan die mense en hul rou.
Mooi dag.
Namibie

@7jaar ·

STOP om juffrou Rottemaaier te speel?! Jy is erger as die oordeel… wat nie oordeel is nie, maar common sence. Maar jy gee voor dat JY baie weet van die omstandighede. Jou voorstel van situasie is net so roekeloos. Jou 7 jarigge in “jou” storie, behoort saam met ander soos bure se kinders, skool toe te gaan. Ek voel bitter jammer vir die ouers. Dis regtig hartseer en onnodig. Innige meegevoel.

Anoniem ·

Liewe land 7 jaar, en daar dink jy ook die ergste nes Lintdjies!!! Sies vir jou!!!!

JK ·

Julle wat alreeds so moan, en wat van as hy oorkant die skool bly? of agter die skool bly? Ek het op 7 alleen gestap, so het my broer en suster ook. Saffa houdings teenoor die dood is om van siek te word

Stuiwer ·

Deesdae is dit nie meer veilig om kinders alleen skooltoe te laat stap nie, weens kriminele elemente. In die “ou” dae kon jy nog. Dit sal interessant wees om te hoor wat die bestuurder van die motor te sê het. Voor dan, kan ‘n mens maar net spekuleer.

Nettie ·

Een van twee dinge het gebeur: (1) die kind het voor die motor ingestap terwyl hy die straat op die verkeerde plek gekruis het of (2) die motorbestuurder het nie ag geslaan op die voetgangerskruising en die kind dus só getref. Hoe dit ookal sy: die kind is dood, die motor is in sy verstand in – en hopelik leer mense hul les hieruit: as jy op/langs die pad ry of loop – wees oplettend en DINK VIR JOUSELF.

Irma ·

Genade, hoe vinnig het daardie persoon gery om na die ongeluk so te lyk nadat ‘n 7 jarige kind gestamp is ? Geen persoon staan ‘n kans om te oorlewe in daardie omstandighede nie. Jammer vd ouers.

Liezl ·

Dis veronderstel om ‘n 60km/h zone te wees. As jy 60 ry, dan is daar nog ‘n kans om rem te trap of jy ry stadiger as jy ‘n kind sien. Ons het ook skool toe gestap op 7jarige ouderdom. Die verkeer is nou 100 maal erger, die mense hou nie by padreëls nie. Die paaie is ‘n oorlog zone op sy eie….. En ‘n groot persentasie mense moet nie eens ‘n lisensie hê nie.

Phillie ·

7 jaar
Nou doen jy presies wat jy Lientjie van beskuldig vingerwysing en onnodig venynige kommentaar

Asjas ·

As ek die agtergrond so kyk behoort dit ‘n 60 zone te wees, nader aan skole word dit 40 zones.
Hou mense by die spoedgrens? NEE!!
As ek na daai kar kyk het hy of st maklik dubbel dit gery. Sluit toe vir moord.
Innige simpatie aan die familie.

Bakpoeier ·

Julle mis die punt. N 7jarige is dood. Geen beskuldigings gaan hom terugbring!!!

Alida ·

Jammer vir die ouers en hou op klippe gooi julle hierbo. Vergewis julle eers van die omstandighede. Dit is tragies.

TLC ·

As ek na kar kyk lyk dit if hy n paal uitgehaal het
Regtig hartseer
RIV kleinman

S Burger ·

Hier is n seuntjie oorlede en dit is so hartseer maar ja daar moet altyd iemand wees wat kommentaar moet lewer. Regtig mense is dit regtig nodig dat ons moet hoor wat julle sal doen en nie doen. Ons wil nie hoor! Daar is n seuntjie oorlede. Please dont judge others. You don’t know their circumstances!

ANONIEM ·

Sjoe dit maak nie saak wie die seun was nie. Dis die vreeslikste ding wat met n ouer kan gebeur. Ek is daardeur en dis bitter bitter bitter. Net jyself en God weet wat n ouer deurmaak. Sterkte is al wat ek kan sê. Dis n lang hartseer bitter pad. dis erg.. Al my emosies vanoggend weer oopgekrap toe ek hierdie lees………

Penellope Jones ·

As al hierdie bg eksperts klaar verbale diarree gehad het, kan ons onthou iemand se kind is dood???
My simpatie aan die gesin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.