Seun (7) sterf toe bakkie hom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Sewejarige seun is dood nadat ʼn bakkie hom op die M25 in Kwamashu, KwaZulu-Natal raakgery het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die seun se liggaam is langs die pad gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Volgens omstanders het die bakkie uitgeswaai in ʼn poging om nie die kind te stamp nie waarna die bakkie omgeslaan en in ʼn sloot beland het.”

Vermaak sê die vyf insittendes van die bakkie is beseer. “Die insittendes van die bakkie is almal vir ligte beserings op die toneel behandel voor hulle deur ER24 en EMRS na die Inanda-klinieke geneem is.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sylvia ·

Waar is die kind se ouers waar waar hulle op daardie oomblik dis so hartseer om sulke goed te lees al is dit n swart kind. Sterkte aan die familie en vriende en die mense wat in die ongeluk betrokke was jy het jou bes probeer om die ongeluk te vermy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.